SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número especial índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

SWART, Marius  y  DU PLESSIS, André H.. Voorlopige kriteria vir wie en wat die leksikograaf is. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.1-21. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-2-1834.

Daar is verbasend min sistematiese akademiese ondersoek na wie presies leksikograwe is. Rufus Gouws wys hierdie problematiek reeds 'n dekade gelede uit. Gouws (2012) ondersoek nie net die aktiwiteite wat verband hou met Leksikografie nie, maar vra krities watter rolle die persone speel wat binne hierdie vakgebied bedrywig is. Gouws (ibid.) se bespreking lei af dat dit nodig is om ondubbelsinnige kriteria te ontwikkel vir wie 'n leksikograaf genoem kan word. Om hierdie kriteria te help ontwikkel, neem hierdie artikel die werk van Gouws onder die loep in die vorm van 'n gevallestudie met 'n onderliggende tematiese analise. Gouws se eie bydrae op metaleksikografiese vlak, maar ook tot die leksikografiese praktyk en leksikografie-opleiding, spreek vanself in terme van produktiwiteit, kundigheid en relevansie. Die gevallestudie behels 'n literatuuroorsig oor Gouws se navorsingsartikels uit die afgelope 10 jaar sedert die verskyning van die genoemde 2012-artikel. Die artikels is tematies ontleed en 'n stel rolle word afgelei wat algemeen blyk uit hierdie leksikografiese publikasies. Hierdie rolle of aktiwiteite word indringend bespreek, en uit die bespreking word uiteindelik 'n voorlopige stel kriteria afgelei vir wie 'n leksikograaf genoem kan word.

Palabras clave : leksikograaf; metaleksikograaf; woordeboekmaker; pedagoog; taalkundige; taalburgerskap; aktivisme.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons