SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 número especial 2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

NKOMO, Dion; NOSILELA, Bulelwa  y  GAMBUSHE, Wanga. Hoe goed is die woordeboek (werklik)? Kruisverwysing as 'n leksikografiese tegniek in The Greater Dictionary of (isi)Xhosa. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe2, pp.166-190. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-3-1736.

Geïnspireer deur Willem Botha se gedagtes oor die samestelling van die meerdelige Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) in Botha (1994; 2005), word daar in hierdie artikel 'n kritiese evaluering van kruisverwysing in The Greater Dictionary of (isi)Xhosa, voortaan die GDX, aangebied. Die GDX is 'n driedelige woordeboek, waarskynlik die grootste woordeboek, nie slegs in isiXhosa nie, maar ook in die Afrikatale. Die evaluering van die woordeboek word bepaal deur die invalshoek kruisverwysingsvoorwaardes of -voorvereistes om kruisverwysings wat in die GDX gebruik word, te identifiseer, om verwantskappe wat deur kruisverwysings blootgelê word, te analiseer en deur die effektiwiteit van die algehele mediostrukturele samestelling van die woordeboek In die artikel word aangedui dat kruisverwysing in die GDX klaarblyklik bepaal word deur 'n algemene goedontwikkelde stel riglyne wat meestal nougeset gevolg is. Gewoonlik geld konsekwentheid in die hantering van soortgelyke leksikale items en selfs oor die verskillende volumes van die woordeboek. Sommige aspekte rakende kruisverwysing wat verbeter kan word, word geïdentifiseer. Daar word egter aangedui dat die meeste van hierdie aspekte maklik in die toekomstige digitaliseringsprojek van die GDX aangespreek kan word.

Palabras clave : kruisverwysing; maak van kruisverwysings; voorwaardes vir kruisverwysing; voorvereistes vir kruisverwysing; dataverspreiding-struktuur; woordeboekstruktuur; isixhosa-leksikografie; mediostruktuur.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons