SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 número especial 2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

MORRIS, Lorna Hiles. Die hantering van die menslike voortplantingsorgane in skoolwoordeboeke, en aanbevelings vir Suid-Afrikaanse primêreskoolwoordeboeke. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe2, pp.123-143. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-3-1734.

Hierdie artikel is 'n loodsstudie wat die opsies vir die hantering van menslike voort-plantingsorgane in primêreskoolwoordeboeke in Suid-Afrika ondersoek, met besondere aandag aan illustrasies. Die noodsaak vir hierdie studie het duidelik geword tydens navorsing oor die ontwerp van 'n elektroniese skoolwoordeboek waar sommige leerlinge hul kommer oor jonger kinders wat blootgestel word aan "onvanpaste" illstrasies in skoolwoordeboeke, uitgespreek het. Die artikel word binne die Suid-Afrikaanse konteks geplaas en daar word daarop gewys dat dit weens die verskillende kulture wat verteenwoordig word, 'n sensitiewe en relevante onderwerp in Suid-Afrika is. Daar word aangetoon hoe Suid-Afrikaanse skoolwoordeboeke hierdie woorde tans hanteer, en daar word ondersoek of hulle op ander maniere hanteer behoort te word. Die studie sluit onderhoude met primêreskoolonderwysers en -ouers in, en bevat beskrywings van bestaande skoolwoordeboekinskrywings, in elektroniese sowel as gedrukte formaat. Literatuur rakende die volgende aspekte word gedek: taboeonderwerpe in woordeboeke, kulturele aspekte van seks-opvoeding in Suid-Afrika, en seksopvoeding in primêre skole wêreldwyd. Die artikel sal aantoon waarom dit belangrik is om hierdie terme in 'n skoolwoordeboek op 'n duidelike en ondubbelsinnige manier te hanteer, al veroorsaak dit moontlike ongemak vir sommige gebruikers. Daar word afgesluit met aanbevelings vir die hantering van die menslike voortplantingsorgane in primêre skole, asook aanbevelings vir verdere navorsing op hierdie gebied.

Palabras clave : kultuur; menslike voortplantingsorgane; pedagogiese leksikografie; primêreskoolwoordeboeke; skoolwoordeboek; seksorgane; geslagsopvoeding; taboes.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons