SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 número especial 2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

BEYER, Herman L.  y  LOUW, Phillip A.. Aspekte van vernuwing in die Afrikaanse leksikografie: Standaard- en pedagogiese woordeboeke as barometer. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe2, pp.25-48. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-3-1730.

Die doel van hierdie bydrae is om 'n oorsig te bied op die areas van grootste vernuwing in die Afrikaanse leksikografie oor die afgelope twee dekades, met spesifieke verwysing na standaard- en pedagogiese woordeboeke, aangesien dít die tipologiese klasse is waarin die meeste vooruitgang te bespeur is. Daar sal egter ook na ander woordeboeksoorte en kontekste verwys word waar dit relevant is vir die bespreking. Eerstens sal kortliks na die huidige stand van sake in die Afrikaanse leksikografie gekyk word, in terme van bestaande leksikografiese produkte. Tweedens word enkele opmerkings aangebied oor die professionalisering van die Afrikaanse leksikografie - 'n onderwerp wat nog nie eintlik aandag in metaleksikografiese ondersoek geniet het nie. Die rol van die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en die kommersiële woordeboekuitgewers word ook uitgelig. Daarna word kommentaar gelewer op sekondêre en spesifieke leksikografiese prosesse, met verwysing na korpusleksikografie en lemmaseleksie, makrostrukturele vernuwing, en mikrostrukturele vernuwing. Die bespreking van mikrostrukturele vernuwing sluit in geïntegreerde mikrostrukture in vertalende woordeboeke, leksikografiese definisies in verklarende woordeboeke, koteksinskrywings, en aspekte van grammatikale data. Die stand van sake van en 'n toekomsblik op die Afrikaanse e-leksikografie word ook aangeraak. Laastens sal enkele opmerkings oor spesiale woordeboeke gemaak word.

Palabras clave : e-leksikografie; kommersiële leksikografie; korpusleksikografie; leksikografiese definisie; makrostruktuur; mikrostruktuur; pedagogiese leksikografie; skoolwoordeboek; verklarende woordeboek; vertalende woordeboek.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons