SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 special issue 2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

ALBERTS, Mariëtta. Die Suid-Afrikaanse nasionale leksikografiese eenhede - twee dekades later. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe2, pp.1-24. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-3-1729.

Die leksikografiepraktyk in Suid-Afrika beskik oor kenmerkende eien-skappe wat grootliks verband hou met die politieke bedeling van 'n bepaalde tyd. Gedurende die vorige politieke bestel het slegs twee woordeboekkantore bestaan wat deur die staat gefinansier is, naamlik die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) en die Dictionary for South African English (DSAE). Hierdie woordeboekkantore het dus 'n lang woordeboekgeskiedenis. Sommige van die Afrikatale, byvoorbeeld Xhosa, Zulu, Tswana en Noord-Sotho, het ook gedurende daardie tyd woordeboekkantore gehad, maar hulle was by tersiêre instansies gesetel en is ook deur hulle gefinansier. Die huidige regering vereis woordeboeke in al die amptelike tale om behoorlike kommunikasie te bewerkstellig in die tale wat die beste deur die burgers verstaan word, naamlik hul onderskeie moedertale. Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT), wat in 1996 tot stand gekom het, was die direkte uitvloeisel van die land se nuwe meertalige beleid. Ten einde gelyke beregtiging vir alle woordeboekprojekte in al die amptelike Suid-Afrikaanse tale teweeg te bring, is die PanSAT-wetgewing gewysig. Dit het tot gevolg gehad dat nasionale leksikografiese eenhede vir elk van die amptelike Suid-Afrikaanse tale gestig is. 'n Strategiese beplanningsproses wat by die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal gedoen is, het nie net 'n invloed gehad op die leksikografiepraktyk by die Buro nie, maar dit het ook 'n groot impak gehad op die nuut gestigte nasionale leksikografiese eenhede (NLE's). Sowel Lexikos, wat in 1991 tot stand gekom het en die artikels wat daarin gepubliseer word, asook die bedrywighede van die African Association for Lexicography (AFRILEX), wat in 1995 gestig is, het 'n groot invloed op die werksaamhede van die NLE's. Hoewel die NLE's een-en-twintig jaar gelede gestig is en dus amptelik mondig behoort te wees, ontstaan die vraag of hulle werklik hul onafhanklikheid verkry het. Hierdie artikel fokus op die erflating van die Buro van die WAT as Nasionale Leksikografiese Eenheid vir Afrikaans en sy voorbeeld vir die ander NLE's.

Keywords : vaktydskrif; vakvereniging; kommunikasie; woordeboek; lewensvatbaarheidstudie; mensliketaaltegnologie; vaktaal; wetgewing; leksikografie; bestuur; nasionale leksikografiese eenhede; strategiese beplanning; terminografie; terminologie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License