SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 número especial índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

MARGALITADZE, Tinatin; MELADZE, George  e  POURTSKHVANIDZE, Zakharia. Die Engels-Georgiese parallelle korpus en die toepassing daarvan in die Georgiese leksikografie. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe, pp.158-176. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-2-1701.

Georgies, die amptelike taal van Georgie, is die enigste geskrewe lid van die Kartveliaanse taalfamilie, die inheemse taalfamilie van die Kaukasiese streek Die Georgiese taalwetenskap en leksikografie het 'n lang verbintenis waarvan die Engels-Georgiese leksikografie geen uitsondering is nie. In die lig van die toenemende gebruik van uitgebreide elektroniese tekskorpora vir leksiko-grafiese doeleindes, het die Georgiese span leksikograwe wat aan die Comprehensive English-Georgian Dictionary (CEGD), later die Comprehensive English-Georgian Online Dictionary (CEGOD), werk, besluit om 'n Engels-Georgiese Parallelle Korpus (EGPK) saam te stel. Die doel van die projek was die ontwikkeling van die metodologie vir die bou van 'n parallelle Georgiese korpus en die bepa-ling van die effektiwiteit daarvan vir die Georgiese tweetalige leksikografie. Daar word al meer as 'n dekade aan die korpus gewerk. Die uiteindelike doel is om 'n standaard vir Georgiese tweetalige korpora wat in die toekoms saamgestel sal word, te skep. Die artikel beskryf die inhoud en samestelling van die EGPK, die struktuur, funksionaliteit en soekenjins daarvan, ensovoorts. Die verskillende studies wat oor die jare uitgevoer is om die waarde, toepaslikheid en effektiwiteit van die EGPK rakende die outomatiese of semi-outomatiese herkenning, etikettering en onttrekking van terminologie, die samestelling van terminologiese inskrywings asook inskrywings vir die English-Georgian Dictionary en die Georgian-English Learner's Dictionary, ens., te bepaal en te verbeter, word in die artikel uiteengesit. Daar word spesifiek klem gelê op die werklike of potensiêle toepaslikheid van die korpus vir die leksikografiese aktiwiteite en masjienvertalingsprojekte. Die bevindings van die studie mag ook van waarde wees vir ander hulpbronskaars tale soos Georgies.

Palavras-chave : parallelle korpus; terminologiese inskrywings; engels-GEORGIESE WOORDEBOEK; GEORGIES-ENGELSE WOORDEBOEK.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons