SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 special issue author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

BOTHMA, Theo J.D.  and  GOUWS, Rufus H.. Inligtingsbehoeftes en kontekstualisering in die raadpleging van woordeboeke wat aan e-tekste gekoppel is. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe, pp.53-81. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-2-1697.

Hierdie artikel fokus op verskeie aspekte van kontekstualisering wanneer e-tekste gekoppel word aan ge'integreerde woordeboeke. Die artikel het 'n tweevoudige probleemstelling: (1) Woordeboeke wat aan e-tekste gekoppel is, verreken nie die kontekstualisering en kotekstualisering van woorde genoegsaam wanneer inligting aan gebruikers gebied word nie. (2) Die ge'ntegreerde woordeboek mag wel die aanduiders wat nodig is vir kontekstualisering en kotekstualisering bevat, maar die e-apparaat kan nie die konteks van 'n woord interpreteer en dit aan die tersaaklike aanduider in die woordeboek koppel nie. Die doel van hierdie artikel is om die behoefte aan te toon om 'n woord in 'n teks op 'n e-apparaat aan die regte betekenisonderskeiding in die geintegreerde woordeboek te koppel. Dit voor-veronderstel dinamiese woordeboekartikels en leksikografiese strukture waarin 'n verhouding tussen woorde in 'n e-teks en gebruikerbepaalde leksikografiese bronne gevestig word. Enkele bestaande projekte waarin hierdie soort koppeling voorkom, word bespreek en geevalueer. Na aanleiding van die resultate hiervan word bepaalde voorstelle gemaak. Dit word voorsien dat daar 'n "black box" met sagteware tussen die gekose woord en die woordeboek sal wees wat die korrekte lemma en betekenisonderskeiding in die e-woordeboek sal bepaal. Verskeie alternatiewe word bespreek waarna parallelle kontekstualisering tussen die woordeboek en die sagteware van die e-apparaat voorgestel word. Baie aspekte wat in hierdie artikel bespreek word, vereis verdere navorsing en relevante voorstelle word in hierdie verband gemaak.

Keywords : e-apparaat; e-leser; e-teks; geintegreerde woordeboek; konteks; kontekstualisering; koteks; koppeling; leksikografiese behoeftes; parallelle kontekstualisering; teksbegrip; woordeboekraadpleging.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License