SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 número especial índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

BOSCH, Sonja E.; GRIESEL, Marissa  y  TALJARD, Elsabe. Optimalisering van gratis elektroniese/aanlyn hulp-bronne vir woordeboek-samestelling - 'n drietalige woordeboekeksperiment. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe, pp.27-52. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-2-1696.

Die beskikbaarheid van meertalige woordeboeke is deurslaggewend, nie slegs vir direkte teikengebruikers nie, maar ook vir indirekte teikengebruikers soos menslike taaltegno-loë, veral in die geval van tale met skaars hulpbronne, soos byvoorbeeld Venda. In hierdie artikel word die optimale benutting van gratis elektroniese/aanlyn hulpbronne vir die samestelling van 'n drietalige e-woordeboek vir Venda, Engels en Afrikaans ondersoek. Ons benadering is gebaseer op 'n eksperiment waarin die samestellingsproses so ver moontlik geoutomatiseer is om besparing in terme van tyd en mensekrag teweeg te bring. Engels word as 'n brug vir die vertaling tussen die brontaal, Venda, en die doeltaal, Afrikaans, gebruik. Die algemene bevindinge is dat daar sekere beperkings te wagte kan wees in so 'n semi-outomatiese proses wat wel 'n sekere mate van mens-like intervensie verg. Hoewel die saamgestelde e-woordeboek nie as 'n finale produk beskou kan word nie, bied die woordeboeksamestellingsprogram Lexonomy, wat vanweë sy aanpasbaarheid en maklike uitleg suksesvol in hierdie studie gebruik is, die geleentheid vir menslike insette om die nodige aanpassings op 'n gebruikersvriendelike wyse te doen. Die geformuleerde konsepvoorstel is nuttig vir die skep van meertalige aanlyn woordeboeke, saamgestel met behulp van beskikbare aanlyn of elektroniese hulpbronne. Die resulterende drietalige woordeboek is aanlyn beskikbaar as bewys van die konsep waarop verdere werk kan bou. Die feit dat die databasis onderliggend aan die woordeboek beskikbaar is in 'n masjienleesbare formaat, naamlik XML, is belangrik vir indirekte teikengebruikers vir hergebruik om elektroniese hulpbronne te ontwikkel, veral vir hulpbronarm tale.

Palabras clave : woordeboeksamestelling; venda-engels-afrikaans; drie-talige woordeboek; elektroniese/aanlyn hulpbronne; masjienvertaal-sisteme; lexonomy; korpussoektog; teikengebruikers.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons