SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32e-Dictionaries in a Network of Information Tools in the e-EnvironmentIntegrating Terminological Resources in Dictionary Portals: The Case of the Diccionarios Valladolid-UVa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

LI, Qian  and  TARP, Sven. Die gedifferensieerde hantering van kulturele items in leksi-kografiese produkte: 'n Noodsaaklike aanpassing by die digitale omgewing. Lexikos [online]. 2022, vol.32, pp.90-117. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-1-1706.

In hierdie artikel word daar op die leksikografiese hantering van kultuurobjekte gefokus. Daar word aangevoer dat die aanleer van 'n tweede taal die aanleer van 'n tweede kultuur vereis en dat digitale tegnologie nuwe oplossings vir beide ou en en nuwe uitdagings vra. As voorbeeld word tradisionele musiekinstrumente gebruik en daar word eerstens 'n kritiese analise van hul hantering in vyf Chinees-Engelse woordeboeke vir beide vreemdetaalleerders en moedertaalsprekers gedoen. Daarna word verslag gedoen oor mediakonvergensie en die gevolge daarvan vir die leksi-kografie, en die gevolgtrekking word gemaak dat die universeel-geskikte woordeboek met 'n ver-skeidenheid leksikografiese produkte op verskillende platforms vervang moet word. Daarom moet die fokus van die leksikograaf verskuif van die woordeboek na die databasis wat hierdie produkte ondersteun. Dit lei tot 'n bespreking van ekwivalente en verklarende tipes en die behoefte daaraan om vier verskillende databasisvelde vir ekwivalente en twee vir verklarings te skep. Ter illlustrasie word 'n leksikografiese databasis met ekwivalente, verklarings, en ander tipe kultuurrelevante items aangebied. Daarna word 'n paar voorbeelde gebruik om aan te toon hoe hierdie leksikogra-fiese items wat in die databasis gestoor word, selektief op verskillende platforms gebruik kan word en vir spesifieke gebruikersbehoeftes aangepas kan word. Hierdie artikel is direk gekoppel aan klanklêers en videogrepe van die bespreekte instrumente. Laastens verskaf die artikel 'n paar gevolgtrekkings en perspektiewe om die kulturele dimensie van aanleerdersleksikografie te ver-beter.

Keywords : media convergence; chinese-english dictionaries; learners' dictionaries; e-readers; digital devices; lexicographical databases; equivalent types; explanation types; cultural items.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License