SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32Lexicography and Language Planning in 18th Century SwedenSelecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic Engineering índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

TARP, Sven. 'n Omwenteling in tweetalige leksikografie: Die verbetering van kwaliteit en produktiwiteit met nuwe metodes en tegnologie. Hierdie is 'n. Lexikos [online]. 2022, vol.32, pp.66-87. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-1-1686.

verslag uit die praktyk Daar word verslag gelewer oor die uitkoms van 'n projek, wat die outeur gedurende 'n maandelange navorsingstydperk by die Deense maatskappy Ordbogen aangevoer het waartydens hy die navorsings- en ontwikkeling- (N)-span geïntegreer het. Die eerste deel van die projek het die toets van masjienvertaling behels en om die bruikbaarheid daarvan in die saam-stel van tweetalige leksikografiese databasisse te bepaal. Die hipotese was dat die tegnologie nog nie gevorderd genoeg was nie. Dit het egter, verrassend genoeg, geblyk dat die akkuraatheidsyfer reeds so hoog was dat dit die moeite werd was om die implementering daarvan te oorweeg. Die tweede deel van die projek het die verdere ontwikkeling van 'n idee, geformuleer deur Fuertes-Olivera et al. (2018) oor die omskakeling van 'n woordeboek sonder verlies van semantiese inhoud, ten doel gehad. Die nuwe visie is om 'n eentalige L2-databasis saam te stel, dan met behulp van masjienvertaling te omskep in 'n L2-L1-databasis, en daarna die verhouding tussen L2-lemmata en L1-ekwivalente om te skakel deur die L1-definisies van die L2-lemmata as die spil te gebruik. Die derde deel van die projek was die toets van hierdie idee met 'n spesiaal ontwerpte ad hoc-program. Hierdie program laai outomaties relevante data vanuit leksikografiese databasisse, vertaal L2-definisies en -voorbeeldsinne in L1, stel gepaste L1-ekwivalente voor, en skakel uiteindelik die verhouding tussen die twee tale om. Dit was geslaagd, maar die metodologie moet nog verder verfyn word voordat dit op groot skaal geïmplementeer kan word. Die verslag word afgesluit met die lys van sommige van die oorblywende uitdagings en met die definiëring van die nuwe rol van die leksikograaf in hierdie tipe projek.

Palabras clave : leksikografiese n & o; interdissiplinêre samewerking; digitale tegnologie; tweetalige leksikografie; leksikografiese databasisse; masjienvertaling; outomatiese omskakeling; doeltaal; sekondêre taal; menslike versus kunsmatige leksikograaf.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons