SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31Creating a Slovene-French LSP Dictionary for translation purposes índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

GOUWS, Rufus H.  y  PRINSLOO, D.J.. Leksikografiese datakassies. Deel 3. Aspekte van datakassies in tweetalige woordeboek en 'n perspektief op huidige en toekomstige data-kassies. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.402-433. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1653.

Hierdie artikel, die derde in 'n reeks van drie oor leksikografiese datakassies, fokus eerstens op aspekte van datakassies in tweetalige woordeboeke met die klem op verskillende benaderings in tweetalige woordeboeke met 'n Afrikataal as een van die lede van die behandelde taalpaar. Daarna gaan die bespreking voort deur te kyk na 'n paar nuwe maniere om datakassies in aanlyn woordeboeke te gebruik. Daar word aangetoon dat die moontlikhede wat die nuwe medium bied, leksikograwe in staat stel om datakassies op sowel tradisionele as nie-tradisionele maniere te gebruik. Daar word aangevoer dat die datakassies gebruik kan word om 'n verskeidenheid doel-eindes te bereik, wat wissel van navigasie-inligting en die verskaffing van belangrike inligting tot toegang tot relevante data in woordeboek-interne en woordeboek-eksterne bronne. Leksikograwe van aanlyn woordeboeke het nuwe maniere bekendgestel om datakassies te gebruik wat nog nie volledig in die metaleksikografiese literatuur bespreek is nie. Hierdie artikel gee 'n identifisering en 'n kort bespreking van sommige van hierdie innoverende gebruike van datakassies. Dit beklem-toon die potensiaal wat die aanlynomgewing aan die leksikografie bied. Leksikograwe moet bewus wees van hierdie moontlikhede en uitdagings. Deur met 'n meer omvattende gebruik van datakas-sies te begin, kan woordeboeke selfs beter kennishouers word en hul gebruikers op 'n optimale manier dien.

Palabras clave : Woordeboeke; Datakassies; Opspringkassies; Hiperskakels; Afrikatale; Sepedi; Isizulu; Soekdomein; Soekuniversum; Dataverspreiding.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons