SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31Lexicographic Treatment of Negation in Sepedi Paper DictionariesReference Skills or Human-Centered Design: Towards a New Lexicographical Culture índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

LIU, Xiqin; LYU, Jing  y  ZHENG, Dongping. Vir 'n verbeterde woordeboek: 'n Herbesoek aan die ekoleksikografie as nuwe paradigma. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.283-321. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1648.

Voortgedryf deur praktiese probleme wat gebruikers dikwels ervaar in die maksimalisering van (e-)woordeboeke as 'n handboekhulpbron, word 'n herbesoek aan die ekoleksikografie gebring en word dit geherdefinieer as nuwe paradigma wat samestellers en gebruikers in 'n relasionele dinamika posisioneer. Uit insigte wat verkry is uit die ekolinguistiek en kognitiewe studies word daar gevra om 'n herbesinning van die samesteller-gebruikers-verhou-ding en om woordeboeke in 'n verspreide kognitiewe stelsel te beskou. 'n Multidimensionele raam-werk van die ekoleksikografie, wat bestaan uit 'n mikro- en makrovlak, word voorgestel. Tot die mikrovlak word beide simboliese en kognitiewe dimensies gevoeg: (1) die woordeboek kan simbolies beskou word as semantiese en semiotiese ekologie; (2) diskoers moet beklemtoon word as 'n essensiële aspek van die samestelling/ontwerp van die e-woordeboek, en verspreide kognisie kan bevrydend wees vir die herbeskouing van woordeboekgebruik. Die makrovlak is gemoeid met die verpligting van leksikograwe wat verbind is tot drie ekologieë of ekostelsels wat onderling aan mekaar verbonde is: die taal, sosiokultuur en natuur. Die ekoleksikografie, transdissiplinêr van aard, behels 'n holistiese, sistematiese en integrerende metodologie om die leksikografiese praktyk en navorsing te voed. Korpusgebaseerde Raamanalise word gebruik om ekologies destruktiewe raamwerke en ideologieë te identifiseer sodat woordeboekdiskoers geherdefinieer kan word. Hier-die studie verbeter ons begrip van die ontologiese, epistemologiese en metodologiese aspekte wat verband hou met die ekoleksikografie, en ontlok filosofiese denke rakende die metaleksikografie. Daar word ook verwag dat dit 'n geleentheid vir leksikograwe sal bied om probleme rakende (e-)woordeboeke in 'n nuwe lig te ondersoek en vir gesprekvoering oor hoe om oplossings vir hier-die probleme te vind.

Palabras clave : e-woordeboek; aanleerderswoordeboek; semantiese ekoLOGIE; SEMIOTIESE EKOLOGIE; EKOLINGUISTIEK; EKOLEKSIKOGRAFIE; DISKOERS; VERSPREIDE KOGNISIE; SOSIOKULTUUR; KORPUSGEBASEERDE RAAMANALISE; METALEKSIKOGRAFIE.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons