SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31Lexicographic Treatment of Negation in Sepedi Paper DictionariesReference Skills or Human-Centered Design: Towards a New Lexicographical Culture author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

LIU, Xiqin; LYU, Jing  and  ZHENG, Dongping. Vir 'n verbeterde woordeboek: 'n Herbesoek aan die ekoleksikografie as nuwe paradigma. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.283-321. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1648.

Voortgedryf deur praktiese probleme wat gebruikers dikwels ervaar in die maksimalisering van (e-)woordeboeke as 'n handboekhulpbron, word 'n herbesoek aan die ekoleksikografie gebring en word dit geherdefinieer as nuwe paradigma wat samestellers en gebruikers in 'n relasionele dinamika posisioneer. Uit insigte wat verkry is uit die ekolinguistiek en kognitiewe studies word daar gevra om 'n herbesinning van die samesteller-gebruikers-verhou-ding en om woordeboeke in 'n verspreide kognitiewe stelsel te beskou. 'n Multidimensionele raam-werk van die ekoleksikografie, wat bestaan uit 'n mikro- en makrovlak, word voorgestel. Tot die mikrovlak word beide simboliese en kognitiewe dimensies gevoeg: (1) die woordeboek kan simbolies beskou word as semantiese en semiotiese ekologie; (2) diskoers moet beklemtoon word as 'n essensiële aspek van die samestelling/ontwerp van die e-woordeboek, en verspreide kognisie kan bevrydend wees vir die herbeskouing van woordeboekgebruik. Die makrovlak is gemoeid met die verpligting van leksikograwe wat verbind is tot drie ekologieë of ekostelsels wat onderling aan mekaar verbonde is: die taal, sosiokultuur en natuur. Die ekoleksikografie, transdissiplinêr van aard, behels 'n holistiese, sistematiese en integrerende metodologie om die leksikografiese praktyk en navorsing te voed. Korpusgebaseerde Raamanalise word gebruik om ekologies destruktiewe raamwerke en ideologieë te identifiseer sodat woordeboekdiskoers geherdefinieer kan word. Hier-die studie verbeter ons begrip van die ontologiese, epistemologiese en metodologiese aspekte wat verband hou met die ekoleksikografie, en ontlok filosofiese denke rakende die metaleksikografie. Daar word ook verwag dat dit 'n geleentheid vir leksikograwe sal bied om probleme rakende (e-)woordeboeke in 'n nuwe lig te ondersoek en vir gesprekvoering oor hoe om oplossings vir hier-die probleme te vind.

Keywords : e-woordeboek; aanleerderswoordeboek; semantiese ekoLOGIE; SEMIOTIESE EKOLOGIE; EKOLINGUISTIEK; EKOLEKSIKOGRAFIE; DISKOERS; VERSPREIDE KOGNISIE; SOSIOKULTUUR; KORPUSGEBASEERDE RAAMANALISE; METALEKSIKOGRAFIE.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License