SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31Teaching Lexicography as a University Course: Theoretical, Practical and Critical ConsiderationsA Critical Evaluation of Three Sesotho Dictionaries índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

GOUWS, Rufus H.  y  PRINSLOO, D.J.. Leksikografiese datakassies. Deel 1. Leksikografiese datakassies as tekskonstituente in woordeboeke. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.330-373. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1651.

Hierdie artikel, die eerste in 'n reeks van drie oor leksikografiese datakassies, fokus veral op die voorkoms van leksikografiese datakassies as tekskonstituente in woordeboeke. Na 'n kort bespreking van wat datakassies is, verskuif die fokus na die verskillende plekke waar hierdie kassies in die sentrale woordelys van 'n woordeboek geakkom-modeer kan word. Datakassies wat aanduiders en/of aanduidertekste bevat, kan binne-in artikels, of artikel-ekstern as ingefaseerde binnetekste in die deeltrajekte van 'n woordeboek geplaas word. Datakassies word gebruik om data oor te dra wat beklemtoon moet word en word daarom dikwels gemerk (met 'n gekleurde agtergrond of in 'n raam) en word in 'n artikelgleuf geplaas wat in 'n posisie is wat die aandag trek. As woordeboekinskrywings word datakassies betrek by prosedures van lemmatiese en nielemmatiese adressering. Dit word aangetoon dat 'n kassie liefs so na as moontlik aan sy adres geplaas moet word. In artikels van polisemiese woorde moet die gebruiker ondubbelsinnig kan weet vir watter betekenisonderskeiding(e) die kassie relevant is. As ingefaseerde binnetekste kan datakassies aan 'n lemma in dieselfde deeltrajek geadresseer wees, maar ook, in die geval van sinoptiese kassies, aan lemmata in ander artikeltrajekte. Dit vereis prosedures van verwyderde adressering.

Palabras clave : adressering; artikeldeeltrajek; artikel-eksterne data-KASSIES; ARTIKEL-INTERNE DATAKASSIES; ARTIKELTRAJEK; ARTIKELVENSTERS; DATA-KASSIES; DATAVERSPREIDING; INGEFASEERDE BINNETEKSTE; INVOEGING; LEKSIKO-GRAFIESE DATAKASSIE; PARALLELLE MAKROSTRUKTUUR; UITGEBREIDE WOORDELYS.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons