SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31Selecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic EngineeringSpecial Field and Subject Field Lexicography Contributing to Lexicography índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

MALOCHA-KRUPA, Agnieszka. Vroulike persoonsname in Pools. Afleidings- en leksikografiese kwessies. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.101-118. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1630.

Hierdie artikel skenk aandag aan kwessies rondom die benoeming van vroue in Pools vanaf die tweede helfte van die 19de eeu tot vandag. Die sosio-kulturele geskiedenis van 'n groep Poolse vroulike persoonsname (waarna verwys word as feminitiewe of feminatiewe) wat vroue se sosiale en/of beroepsstatus aandui, word bespreek. Daar word aangevoer dat vroulike persoonsname direk afhanklik was van verskeie ideologieé: die emansipasie van vroue, Sosialis-tiese Realisme en feminisme. Ideologieé het die gebruik van feminatiewe deur middel van die intensivering of beperking van hul gebruik in die redevoering in 'n bepaalde periode bei'nvloed, en die taalgebruikers se houding teenoor ideologieé het 'n uitwerking gehad op die manier waarop feminatiewe waargeneem word. Terwyl die rykheid van die repertoire van gendervoorbeelde in hedendaagse Pools bespreek word, word die moontlikheid van die insluiting van vroulike per-soonsnaamvorme in algemene Poolse woordeboeke op 'n wetenskaplike en objektiewe manier ondersoek. 'n Soortgelyke idee is by die Wroclaw Universiteit voorgestel waarna 'n groep vroulike leksikograwe die Stownik nazw zenskich polszczyzny [Woordeboek van Poolse vroulike naam-woorde] saamgestel het. Sommige van die innoverende leksikografiese aannames (deskriptief, nie preskriptief nie, 'n diskoersgesentreerde metode) word in hierdie artikel bespreek. Die tekskorpus wat in die artikel voorgelê word, stel die leser in staat om die geskiedenis van vroulike persoonsname in Pools, m.a.w. hul verdwying en herverskyning in die taal, na te spoor.

Palabras clave : feminativum/vroulike persoonsname; woordvorming; LEKSIKOGRAFIE; TAALKULTUUR; EMANSIPASIE VAN VROUE; FEMINISASIE; GENDER-MORFOLOGIE; GENDER EN TAAL; AFLEIDING; PRAGMATIEK.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons