SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31Lexicography and Language Planning in 18th Century SwedenSelecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic Engineering índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

HUANG, Fang  y  TARP, Sven. Woordeboeke geïntegreer in Engelse aanleerderstoepassings: Kritiese kommentaar en voorstelle ter verbetering. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.1-25. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1626.

Digitale toepassings wat as hulpmiddels in die aanleer van taal gebruik word, word toenemend gewild. Kenmerkend van hierdie digitale toepassings is die inkorporering van een of twee woordeboeke om die diens wat gelewer word, te verbeter sodat gebruikers nie die toepassing hoef te verlaat om eksterne bronne te raadpleeg nie. In hierdie artikel word aandag geskenk aan die twee woordeboeke wat in 'n aanleerders-toepassing vir Chinese leerders van Engels gebruik word. Eers word 'n beskrywing gegee van die funksionering van sowel die toepassing as van die twee woordeboeke wat verskillende funksies in die toepassing vervul. Daarna word gefokus op die woordeboek wat in die kursushandleidings geïntegreer is en wat geaktiveer kan word deur op 'n woord of meerwoordige eenheid te klik. 'n Aantal leemtes soos die inkonsekwente hantering van woorde en begrippe, data-oorlading, moei-like toegang, en hinderlike posisie van die opwipvenster wat die leksikografiese items vertoon, word bespreek. Hierdie gebreke mag 'n negatiewe effek op die motivering van die aanleerders en die aanleerproses in die algemeen hê. Die probleme word teruggevoer na sowel die databasis wat die woordeboek steun as na die ontwerp van die gebruikerskoppelvlakke wat die data wat aan die gebruikers aangebied word, sif. Laastens, en geïnspireer deur die klassieke Chinese Xun Gu-tradi-sie, word 'n alternatiewe, konsep-aangepaste benadering wat afwyk van die tradisionele kenmerke van die woordeboekartikel en wat die inhoud van die opwipvenster tot 'n absolute minimum beperk, voorgestel. Sodoende word 'n konsultasieproses wat die aanleerders se leesvloei onderbreek, vermy en word daar gefokus op die aanleerproses.

Palabras clave : Era Van Mediakonvergensie; Engelse Aanleerderstoepas- Sings; Geïntegreerde Woordeboeke; Ingebedde Woordeboeke; Leksikogra- Fiese Databasisse; Gebruikerskoppelvlakke; Opwipvensters; Konteksbewust-heid; Xun Gu-tradisie; Verpersoonliking; Toevallige En Doelbewuste Leer.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons