SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Towards Accuracy: A Model for the Analysis of Typographical Errors in Specialised Bilingual Dictionaries. Two Case StudiesAccess Routes to BODY PART Multiword Expressions in the 'Big Five' MELDs: Use of Hyperlinks author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

VRBINC, Marjeta; SIPKA, Danko  and  VRBINC, Alenka. Normatiewe etikette in twee leksikografiese tradisies: 'n Sloweens-Engelse gevallestudie. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.561-582. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1604.

In hierdie artikel word die bevindings van 'n studie wat uitgevoer is op gebruikers van eentalige Sloweense en Amerikaanse woordeboeke voorgelê en bespreek. Die doel van die artikel was om te bepaal hoe moedertaalsprekers van Sloweens en Amerikaanse Engels sekere normatiewe etikette in eentalige woordeboeke interpreteer. Die data is verkry deur vraelyste te ontwikkel wat die ingesteldheid van gebruikers van eentalige woorde-boeke teenoor normatiewe etikette en die effek daarvan op woordeboekgebruikers belig. Die resultate dui daarop dat 'n hoër vlak van preskriptiwiteit in die Sloweense taalkundige kultuur waargeneem word in die Sloweense respondente se begrip van die etikette (byvoorbeeld, 'n sterker invloed van die normatiewe etikette, 'n groter goedkeuring van die stelling oor die bruikbaarheid van die etikette, 'n aansienlik laer algemene aannamevlak by die standaardtaal) wanneer dit vergelyk word met die persepsie van die Amerikaanse respondente, aangesien die Amerikaanse taalkundige kultuur geneig is om meer deskriptief te wees. Gebruikers soek egter dikwels in woorde-boeke antwoorde op hul taalkundige vrae, wat daarop dui dat hulle ten minste 'n sekere graad van normatiwiteit verwag. Aangesien albei benaderings die gebruikers beïnvloed, moet daar 'n balans tussen deskriptiewe en preskriptiewe benaderings gevind word.

Keywords : algemene eentalige woordeboek; preskriptiwiteit; norma-TIWITEIT; DESKRIPTIWITEIT; NORMATIEWE ETIKETTE; PRIMÊRE UITSLUITINGSETIKETTE; SEKONDÊRE UITSLUITINGSETIKETTE; GEBRUIK VAN ETIKETTE; BRUIKBAARHEID VAN ETIKETTE; (ON)GEËTIKETTEERDE INSKRYWINGS.

        · abstract in English     · text in English

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License