SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30An Overview of English Dictionaries of Abbreviations índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

BOSCH, Sonja E.  y  GRIESEL, Marissa. Ondersoek na die dokumentasie en bewaring van inheemse kennis uit Afrika in 'n digitale leksikale databasis. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-28. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1603.

Die digitale era maak dit toenemend moontlik om die grense wat gedrukte leksikografiese hulpbronne stel te oorskry deurdat e-hulpbronne die beperkings op grootte en tipe inligting wat ingesluit kan word, fasiliteer. In hier-die artikel ondersoek ons innoverende maniere om inheemse kennis uit Afrika, wat dikwels onder-verteenwoordig is in tradisionele woordeboeke, in 'n bestaande digitale leksikale databasis te dokumenteer en te preserveer. Ons aanslag word op die uitbreiding van die African Wordnet, 'n leksikale databasis wat tans vir nege Afrika-tale ontwikkel word, gebaseer en in hierdie geval op Zoeloe van toepassing gemaak. Die artikel spreek die uitdagings wat die konsolidasie van inheemse kennis uit 'n verskeidenheid bronne soos konvensionele woordeboeke, interdissiplinêre publikasies en 'n aanlyn databasis met 'n plat struktuur in 'n digitale, hiërargiese woordnetstruktuur inhou. 'n Verteenwoordigende uittreksel van tradisionele huishoudelike gereedskap in die Zoeloe kultuur word as voorbeeld gebruik om te demonstreer hoe konsepte tot 'n stel semantiese verhoudings in 'n woordnetstruktuur omgeskakel kan word. Deur daarop te fokus om die leksikale gapings tussen Zoeloe en Engels soos dit in die Princeton WordNet vervat is, met relevante kulturele konsepte te vul, word die African Wordnet ook 'n nuttige hulpbron vir natuurliketaalprosessering. Laastens word aangedui hoe die hiërargiese klassifikasie van geselekteerde huishoudelike gereedskap visueel in woordnetgrafieke in die WordnetLoom koppelvlak voorgestel kan word.

Palabras clave : African wordnet; digitale leksikale databasis; inheemse kennis; zoeloe; tradisionele huishoudelike gereedskap; semantiese ver-houdings; leksikale gapings; leksikalisering.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons