SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Reference Skills or Human-Centered Design: Towards a New Lexicographical CultureOn Pronunciation in a Multilingual Dictionary: The Case of Lukumi, Olukumi and Yoruba Dictionary índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

THERON, Lize-Mari. 'n Model vir 'n aanlyn GIS-vakwoordeboek. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-20. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1593.

As deel van 'n MA-studie aan die Universiteit Stellenbosch, is 'n model vir 'n aanlyn GIS-vakwoordeboek ontwikkel om drie probleme aan te spreek. Die eerste probleem is die groot hoeveelheid vakwoordeboeke wat gemaak is sonder die leiding van die leksikografieteorie. Dit is min dat 'n woordeboek sy potensiaal van gebruikersvriendelikheid en toeganklikheid bereik sonder die leiding van die leksikografieteorie. 'n Vakgebied wat hierdie probleem het, is Geogra-fiese Inligtingstelsels (GIS). As daar na aanlyn GIS-vakwoordeboeke gekyk word, word die tweede probleem geïdentifiseer: die bestaande GIS-vakwoordeboeke is nie genoegsame bronne vir GIS-peda-gogie in Suid-Afrika nie. Die bestaande vakwoordeboeke is nie gemik op enige spesifieke gebruiker nie. Beginners, semi-deskundiges en deskundiges se onderskeie, spesifieke behoeftes word nie in ag geneem nie. Daar is ook geen vakwoordeboek wat 'n operasionele funksie bied nie, almal fokus net op teksresepsie. 'n Verdere blik op die kommunikatiewe funksie van hierdie vakwoorde-boeke, wys die derde probleem: daar is geen GIS-vakwoordeboek wat vertaalekwivalente in Afrikaans (of enige van die ander amptelike Afrikatale) bied nie. In hierdie artikel word daar 'n model voorgestel wat ontwikkel is met die leiding van die leksikografieteorie en wat die gaping in GIS-pedagogie in Suid-Afrika kan aanpreek, want dit is bedoel vir beginners en dit het beide 'n opera-sionele en kommunikatiewe funksie.

Palavras-chave : VAKWOORDEBOEKE; LEKSIKOGRAFIETEORIE; OPERASIONELE FUNKSIE; KOMMUNIKATIEWE FUNKSIE; GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS; VAKLEKSI-KOGRAFIE; WOORDEBOEKMODEL; GIS-PEDAGOGIE; AANLYN WOORDEBOEKE; WOOR-DEBOEK-KOSEPTUALISERINGSPLAN; E-LEEROMGEWINGS; HIBRIDIESE WOORDEBOEK-MODEL.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons