SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30e-Dictionaries in a Network of Information Tools in the e-EnvironmentIntegrating Terminological Resources in Dictionary Portals: The Case of the Diccionarios Valladolid-UVa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

ESANDI-BAZTAN, M.A.  y  FUERTES-OLIVERA, Pedro A.. Die selektering van 'n aanvanklike lemmalys in gespesiali-seerde leksikografie: 'n Gevallestudie in die veld van die grafiese ingenieurs-wese. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-33. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1596.

Gespesialiseerde leksikografie in die grafiese ingenieurswese het nog nooit oor 'n hulpmiddel in woordeboekformaat wat kennisverwerwing vir studente vergemaklik asook hul spesifieke leksikografiese behoeftes binne 'n tegniese konteks op universiteitsvlak bevredig, beskik nie. Hier-die artikel bied 'n aanvanklike lemmalys vir 'n Spaanse woordeboek in die veld van die grafiese ingenieurswese aan. Die Delphi-metode is gebruik om gesaghebbende konsensus in hierdie area te verseker. Daarbenewens is twee gelykstaande professionele opnames deur 'n kundige uitgevoer en deur kundiges bekragtig. Die fundamentele konsepte is oorweeg, óf weens die uitdagings wat hulle verteenwoordig, óf weens hul belangrikheid binne ons kennisveld waarvoor ingenieursdokumente en tegniese standaarde met tegniese grafiese elemente aangewend is. Studente het aan die proses deelgeneem om sodoende ooreenkomste en verskille tussen beide groepe deelnemers in aanmerking te neem. Hierdie artikel sluit enersyds af met 'n finale lys aanvaarde konsepte en andersyds met 'n lys addisionele vae konsepte wat woordeboekgebruikers se behoeftes sou kon bevredig en die ontstaan van 'n funksionele aanlyn woordeboek sou kon vorm.

Palabras clave : gespesialiseerde leksikografie; funksionele aanlyn WOORDEBOEK; DELPHI-METODE; GEBRUIKERSBEHOEFTES; GESAGHEBBENDE KONSENSUS; GRAFIESE INGENIEURSWESE; WAARGENOME MOEILIJKHEIDSGRAAD VAN KONSEPTE; VOORAFKENNIS.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons