SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Which Defining Model Contributes to More Successful Extraction of Syntactic Class Information and Translation Accuracy?e-Dictionaries in a Network of Information Tools in the e-Environment índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

ROGSTROM, Lena. Leksikografie en taalbeplanning in 18de-eeuse Sweeds. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-29. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1549.

Die 18de eeu was 'n belangrike tydperk vir Sweedse taalkundige ontwikkeling. Vreemde leksikale invloed en ortografiese standaardisering is in erns bespreek, en die woordeskat is in verskeie woor-deboeke, almal tweetalig, gekodifiseer. In hierdie artikel word twee vraagstukke van die 18de-eeuse leksikografie in twee invloedryke woordeboeke bestudeer: Serenius (1741) en Sahlstedt (1773). Die eerste vraagstuk hou verband met die insluiting van Latynse en Sweedse leksikale regsitems in die lemmalys; die tweede vraagstuk hou verband met die leksikografiese hantering van die leksi-kale item en die verdeling daarvan in betekenisse. 40 leksikale items met 'n regsbetekenis is onttrek uit die eerste twee regshandboeke wat in Sweeds geskryf is (Rálamb 1674 en Kloot 1676). Dalin (1850-55), 'n eentalige woordeboek wat ver-teenwoordigend is van die tydperk waarin die leksikografie ten volle in Swede ontwikkel is, is as maatstaf gebruik. Twee moderne woordeboeke, SO (2009) en NSEOP (2018), word ook ter vergelyking gebruik. Die resultate dui daarop dat beide Serenius en Sahlstedt getrou aan die opvattings van hul tyd was. Hulle het slegs Latynse leksikale items wat reeds ten volle in Sweeds geïnkorporeer is en wat belangrik vir algemene woordeboeke was, ingesluit. Die regsbetekenisse is ook in die artikels onderskei, maar betekenisaanduiders is inkonsekwent gebruik en voorbeelde is deurmekaar aangegee. Die leksikograwe het ook sterk op Latyn as metataal gesteun.

Palavras-chave : 18de Eeu; Swede; Tweetalige Leksikografie; Leksikale Regs-items; Serenius; Sahlstedt; Leksikografiese Ontwikkeling; Taalbeplanning; Latyn; Sweeds.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons