SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Which Defining Model Contributes to More Successful Extraction of Syntactic Class Information and Translation Accuracy? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

GAO, Jun  e  LIU, Haitao. Valensiewoordeboeke en Chinese woordeskatverwerwing vir vreemdetaalleerders. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-32. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1548.

Valensie is 'n groot bron van leksikale foute in die aanleer van 'n vreemde taal. Gevolglik ontstaan die vraag hoe sintaktiese en semantiese eienskappe van 'n woord uit die korpus verkry en in 'n Chinese valensiewoordeboek weergegee kan word om woordeskat-verwerwing vir vreemdetaalleerders te vergemaklik. Met inagneming van die drie aspekte van 'n valensieraamwerk - logies-semantiese, sintaktiese en semanties-pragmatiese valensie - word 60 gevalle van Chinese leksikale foute wat uit die HSK (Chinese Taalvaardigheidstoets) Dinamies Saamgestelde Korpus onttrek is, bestudeer. Die resultate dui daarop dat die meeste van die foute plaasvind in die semanties-pragmatiese valensie-dimensie en dat hierdie semanties-pragmatiese foute toegeskryf kan word aan verskeie faktore soos semantiese kollokasies, emotiewe verander-likes, teksstyle, registers, en ander kontekstuele faktore. Die resultate word dan benut as sintak-tiese, semantiese en pragmatiese inligting wat in 'n Chinese valensiewoordeboek weergegee moet word. Meer spesifiek, die resultate wat verkry word uit 'n gevallestudie van 'n verkeerd gebruikte woord wat onttrek is uit 'n grootskaalse Chinese moedertaalssprekerskorpus, help om 'n relatief volledige lys aanvullingspatrone, wat gebaseer is op die studieontwerpe van 'n Chinese valensie-inskrywing wat drie basiese elemente insluit - kwantitatiewe valensie, kwalitatiewe valensie en valensiepatrone - te verkry.

Palavras-chave : Chinese valensiewoordeboek; valensieinskrywing; logiessemantiese valensie; sintaktiese valensie; semanties-pragmatiese valensie; chinese woordeskatverwerwing; leksikale wangebruik; aanvullings-patrone; aanleerderskorpus; moedertaalkorpus.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons