SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

VRBINC, Marjeta  y  VRBINC, Alenka. Fokus op die gebruiker: Voortekste in Sloweense woorde-boeke. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.269-287. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/29-1-1521.

Hierdie artikel fokus op die voortekste van drie Sloweense eentalige woordeboeke: Woorde-boek van Standaardsloweens, Woordeboek van Sloweense Sinonieme en Woordeboek van Regsterminologie. Twee en dertig MA-studente van Engels aan die Universiteit van Ljubljana is gevra om die voor-tekste te lees en kommentaar te lewer op die verstaanbaarheid van die teks, die bruikbaarheid van die teks vanuit die perspektief van die teikengebruikers, die taal wat in die teks gebruik word, die voorbeelde wat verskaf word om die teoretiese toeligting te illustreer en die lengte van die teks as geheel. Volgens die meerderheid studente word daar in die voortekste van al drie woordeboeke terminologie gebruik wat net aan taalkundiges bekend is. Hulle lewer ook dikwels kommentaar op die lengte en kompleksiteit van sinne, inligtingoorlading en die indirekte insluiting van voorbeelde wat die teorie illustreer. Buiten die kritiek wat hulle op die tekste lewer, dui hulle ook aan waarvan hulle hou (die voortekste in al drie woordeboeke is goed gestruktureer aangesien hulle verdeel is in afdelings en onderafdelings, wat sodoende maklike toegang tot relevante inligting binne die teks moontlik maak) en maak hulle voorstelle vir die verbetering van die tekste (herorganisering van verskeie onderafdelings, die gebruik van Sloweense terme in plaas van ontlenings, die gebruik van paráfrases in plaas van terme, korter sinne en eenvoudiger sintaksis).

Palabras clave : voortekste; gebruikersgids; grafiese voorstelling van inskrywings; verstaanbaarheid; bruikbaarheid; voorbeelde; linguistiese terme; sintaksis.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons