SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

VRBINC, Marjeta  and  VRBINC, Alenka. Fokus op die gebruiker: Voortekste in Sloweense woorde-boeke. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.269-287. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/29-1-1521.

Hierdie artikel fokus op die voortekste van drie Sloweense eentalige woordeboeke: Woorde-boek van Standaardsloweens, Woordeboek van Sloweense Sinonieme en Woordeboek van Regsterminologie. Twee en dertig MA-studente van Engels aan die Universiteit van Ljubljana is gevra om die voor-tekste te lees en kommentaar te lewer op die verstaanbaarheid van die teks, die bruikbaarheid van die teks vanuit die perspektief van die teikengebruikers, die taal wat in die teks gebruik word, die voorbeelde wat verskaf word om die teoretiese toeligting te illustreer en die lengte van die teks as geheel. Volgens die meerderheid studente word daar in die voortekste van al drie woordeboeke terminologie gebruik wat net aan taalkundiges bekend is. Hulle lewer ook dikwels kommentaar op die lengte en kompleksiteit van sinne, inligtingoorlading en die indirekte insluiting van voorbeelde wat die teorie illustreer. Buiten die kritiek wat hulle op die tekste lewer, dui hulle ook aan waarvan hulle hou (die voortekste in al drie woordeboeke is goed gestruktureer aangesien hulle verdeel is in afdelings en onderafdelings, wat sodoende maklike toegang tot relevante inligting binne die teks moontlik maak) en maak hulle voorstelle vir die verbetering van die tekste (herorganisering van verskeie onderafdelings, die gebruik van Sloweense terme in plaas van ontlenings, die gebruik van paráfrases in plaas van terme, korter sinne en eenvoudiger sintaksis).

Keywords : voortekste; gebruikersgids; grafiese voorstelling van inskrywings; verstaanbaarheid; bruikbaarheid; voorbeelde; linguistiese terme; sintaksis.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License