SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

TARP, Sven  and  GOUWS, Rufus. Leksikografiese kontekstualisering en verpersoonliking: 'n Nuwe perspektief. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.250-268. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/29-1-1520.

Kontekstualisering, dit is om oplossings vir gebruikers se inligtingsbehoef-tes te verskaf presies in die situasie en konteks waar die behoefte ontstaan, het 'n belangrike rol gespeel in die werk van die Griekse skribas wat glosse in die manuskripte van kopieë van Homeros en ander vroeë skrywers gevoeg het om onbekende en ongewone woorde te verduidelik. Na die ont-wikkeling van die glossarium het 'n kloof binne leksikografie ontstaan. Enersyds was daar die samestelling van glossaria en woordeboeke van 'n nog meer gesofistikeerde aard. Andersyds was daar die tradisionele invoeging van glosse in ouer manuskripte. Alhoewel die koms van woordeboeke die gebruik van kontekstualisering verminder het, is dié werkswyse steeds in sommige publikasies gebruik. Hierdie artikel bespreek die voorkoms van kontekstualisering en verpersoonliking in verskillende eras en omgewings en daar word aangetoon hoe hierdie werkswyses 'n leksikografiese aard in sommige buite-woordeboekomgewings ingelui het. Die belang van kontekstualisering enverpersoonliking in die moderne leksikografie word benadruk. Leksikograwe het dikwels onver-vulde drome gehad van nuwe moontlikhede in die digitale omgewing. Die tekort aan toereikende teg-nologie het hulle drome in daardie stadium 'n onmoontlikheid gemaak. Vandag bied nuwe tegnologie en samewerking tussen leksikografie en inligtingswetenskap talle uitdagings wat leksikograwe kan oorkom. Dit word aangetoon hoe leksikografiese produkte in inligtingswerktuie geïntegreer word en geleidelik word die kloof wat reeds meer as tweeduisend jaar in die Europese leksikografie bestaan, oorbrug deur 'n hereniging van kontekstualisering en verpersoonliking. Leksikograwe, die moderne skribas, moet poog om die oënskynlik onmoontlike moontlik te maak.

Keywords : buite-woordeboek; e-leser; glos; glossarium; inligtings-werktuie; inligtingswetenskap; kontekstualisering; skribas; skryfhulp; verpersoonliking.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License