SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

TARP, Sven. Die lê van verbande: Tradisie en ontwrigting in die leksiko-grafie. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.224-249. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/29-1-1519.

In hierdie artikel word die geskiedenis van die leksikografie geanaliseer in 'n poging om verbande te lê en om 'n beter begrip te verkry van wat aan die gebeur is met hierdie dissipline binne die raamwerk van die Vierde Industriële Rewolusie. Die doelwit is die voorstelling van moontlike metodes om van die bestaande dooiepunt te ontkom. Uit die geskiedenis is dit duidelik dat 'n skielike verandering van die tegnologiese basis, soos die verandering wat ons nou ervaar, 'n totale omwenteling van die dissipline in al sy hoofdimensies suggereer. Om suksesvol te kan wees, vereis so 'n omwenteling 'n breuk met tradisies en gewoontes van die verlede. As voorbeeld fokus die artikel op 'n reeks tweetalige skryfhulpmiddels wat deur die Deense maatskappy Ordbogen A/S ontwikkel is en op die nuwe uitdagings wat hierdie en soortgelyke hulpmiddels vir die leksikogra-fie inhou. Dit voer aan dat hierdie uitdagings nie deur middel van tradisionele gebruikers-navorsing wat op 'n retrospektiewe manier binne die raamwerk van 'n ou paradigma ontvou, opgelos kan word nie. As alternatief, en sonder om ander tipes navorsing uit te sluit, word ont-wrigtende denke in hierdie artikel aanbeveel deur te dinkskrum, jou te verdiep en te bespiegel, en enkele voorbeelde van hoe om te werk te gaan, word verskaf. Ten slotte word die aanvanklike wedywering tussen menslike en kunsmatige leksikograwe uiteengesit en 'n kort verslag van 'n moontlike toekomstige herverdeling van take word gegee.

Keywords : vierde industriële revolusie; ontwrigtende innovasie; kunsmatige intelligensie; sakemodel; skryfhulpmiddels; artikelstruk-tuur; gebruikersnavorsing; toetsgedrewe ontwikkeling; menslike leksiko-graaf; kunsmatige leksikograaf.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License