SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

PRCIC, Tvrtko. Die verkenning van die eienskappe van Engelse leksikale affikse deur die benutting van die hulpbronne in Engelse woordeboeke vir algemene doeleindes. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.151-179. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/29-1-1516.

In hierdie artikel word 'n nuwe model, gegrond op die ontginning van Engelse woordeboeke vir algemene doeleindes as hulpbronne, vir die verkenning van die eien-skappe van Engelse leksikale affikse voorgestel. Hoofsaaklik ontwikkel vir EVT-universiteitstu-dente en gemotiveer deur die hoogs inkonsekwente hantering van affikse in hierdie woordeboeke, word die model saamgestel rondom 'n heuristiese selfstudiemetode en die gepaardgaande basiese deduktiewe woordeboek (Engels BBID), wat doelmatig ontwerp, geproduseer en versprei word as 'n gids vir studenteverkenning. Die model is ontwerp om studente weg te stuur van affiksinskry-wings in woordeboeke vir algemene doeleindes na woordinskrywings wat spesifieke affikse bevat en om studente te lei na die ontdekking van die eienskappe van doelaffikse deur ooreenstemmende bronwoorde wat in die BBID verskaf word, te analiseer. Die uiteensetting word verdeel in vier dele: Afdeling 1 bevat inleidende, beskrywende opmerkings; in afdeling 2 word noodsaaklike en relasionele eienskappe van affikse weergegee; in afdeling 3 word die vyf hoofaspekte van die nuwe model uiteengesit en toegelig: pragmatiese motiewe, hoofdoelwitte, onderliggende beginsels, onderrigmateriaal en werklike funksionering laastens bied afdeling 4 'n opsomming en 'n kritiese beoordeling van die model en sy BBID aan, met terselfdertyd 'n kykie na die toekoms.

Keywords : leksikale affikse; noodsaaklike eienskappe; relasionele eienskappe; woordeboeke vir algemene doeleindes; basiese deduktiewe woordeboek; heuristies; selfstudie; engels.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License