SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

NEL OTTO, Anna  y  BLUME, Jadé. Die behandeling van die funksie dekodering in verskillende tipes woordeboeke. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.125-150. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/29-1-1515.

Woordeboeke word veral geraadpleeg ter wille van die funksie dekodering. Hierdie artikel verskaf 'n sistematiese beskrywing van die invloed wat die funksie dekodering op die woordeboekstrukture en datatipes in verskillende woordeboektipes het. Tydens hierdie bespre-king word veral aandag gegee aan strukture wat in sowel gedrukte as aanlyn woordeboeke voorkom. Alhoewel die belangrikste datatipe vir dekodering betekenisverklarings/vertalings in meertalige woordeboeke is, fokus hierdie artikel veral op die rol van datatipes soos uitspraakleiding, kolloka-sies, etikette, voorbeelde en etimologiese leiding. In gedrukte woordeboeke is daar 'n groot ooreenkoms ten opsigte van raamstruktuur (minstens sentrale woordelys en gebruikersleiding), dataversprei-dingstruktuur en toegangstruktuur, terwyl verskille veral op die vlak van die makrostruktuur (meer of minder lemmas, verskillende ordenings) en mikrostruktuur (aanduidertipes en hoeveel-heid data ten opsigte hiervan) voorkom.

Palabras clave : dekodering; woordeboektipes; woordeboekstruktuur; woordeboekfunksie; omvattende woordeboek; standaardwoordeboek; beperkte woordeboek; aanleerderwoordeboek; woordeboek vir spesiale doeleindes; tweetalige woordeboek.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons