SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

NKOMO, Dion. Teoretiese en praktiese gedagtes oor die gespesialiseerde lek-sikografie in Afrikatale. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.96-124. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/29-1-1514.

In hierdie artikel word gedagtes oor sommige gespesialiseerde leksi-kografiese / terminografiese hulpbronne wat in Afrikatale saamgestel word, weergegee. Dié hulpbronne word geskep om 'n bydrae te lewer tot die intellektualisering van hierdie tale vir uitgebreide funk-sionele gebruik. Daar word gefokus op lemmaseleksie, op die verskaffing van data/inligting vir die lemmas wat ingesluit is en op strukturele aspekte van die hulpbronne wat ondersoek is. In die artikel word daar met betrekking tot die eerste fokusarea 'n gebrek aan 'n sistematiese benadering tot lemmaseleksie geïdentifiseer wat die moontlikhede van die hulpbronne as kommunikatiewe en kognitiewe hulpmiddels in gespesialiseerde onderwerpsvelde en dissiplines beperk. Tweedens word, met verwysing na die aanduiding van datakategorieë, gevalle van onvoldoende inligting en gevalle van insluiting van irrelevante inligting geïdentifiseer wat albei implikasies vir die funksio-nele waarde van die hulpbronne binne gespesialiseerde domeine inhou. Laastens dui gedagtes oor aspekte van woordeboekstruktuur op substandaard strukturele ontwerpe wat die gebruikersvrien-delikheid van die hulpbronne beïnvloed, maar sommige innoverende strukturele ontwerpe word ook geïdentifiseer. In die geheel beskou, word in hierdie artikel gepleit vir 'n strenger leksikogra-fiese orientëring in terme van die teoretiese basis wat die skep van gespesialiseerde leksikografiese/ terminografiese hulpbronne in Afrikatale rig.

Keywords : gespesialiseerde leksikografie; terminografie; afrikatale; intellektualisering van afrikatale; lemmaseleksie; afrika-leksikografie; terminologie; terminografie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License