SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

PTASZNIK, Bartosz  y  LEW, Robert. Watter leerhulpmiddels in die betaalde aanlyn weergawe van die Longman Dictionary of Contemporary English vind gevorderde leerders van Engels nuttig?. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.448-460. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1474.

Die doel van hierdie artikel is tweërlei: om (1) kortliks die leerhulpmiddels van die Longman Dictionary of Contemporary English (LDOCE6) wat tot die beskikking van Engelse leerders in die betaalde aanlyn weergawe van die woordeboek (sesde uitgawe) is, te beskryf; en om (2) die resultate wat verkry is uit die vraelys wat aan 114 studente van Engels aan die Universiteit van Warmia en Mazury in Olsztyn voorgelê is, weer te gee. Die deelnemers het 'n vraelys waarin hulle gevra is om die bruikbaarheid van die leerhulpmiddels van die betaalde aanlyn weergawe van LDOCE6 te beoordeel, voltooi. Die eerste afdeling van hierdie artikel stel die leser bekend aan die vyf belangrikste Britse eentalige aanleerderswoordeboeke wat tans beskikbaar is en ook aan die mees prominente kenmerke van LDOCE. Die tweede afdeling is 'n beskrywing van die leerhulp-middels wat tot die beskikking van die Engelse leerders in die betaalde aanlyn weergawe van LDOCE6 is. In die volgende afdeling word verder uitgebrei oor die vroegste vraelysstudies wat uit-gevoer is in die woordeboekgebruiksveld en 'n paar van die problematiese aspekte rondom hierdie navorsingsmetode word bespreek. Ten slotte word die resultate van die vraelys weergegee met 'n kort bespreking daarvan.

Palabras clave : longman dictionary of contemporary english; aanlyn woordeboeke; vraelyste; aanleerderswoordeboeke.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons