SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

YE, Ying; WEI, Xiangqing  y  SUN, Wenlong. Verhoging van die leerbaarheid van Chinees-Engelse woor-deboeke vir aanleerders van Chinees as vreemde taal: Die vergete nalaten-skap van Robert Morrison in sy samestelling van WWuche Yunfu (1819). Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.405-427. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1471.

In vorige studies van aanleerderleksikografie is ontwerpkenmerke van beide die inhoud en aanbieding van aanleerderswoordeboeke die twee belangrikste navorsingsaspekte. Die kwaliteitsbepaling van aan-leerderswoordeboeke dek ook hierdie twee dimensies. Terme wat gebruik word vir hul evaluering is onderskeidelik "bruikbaarheid" of "beskikbaarheid" vir eersgenoemde en "vindbaarheid" of "toe-ganklikheid" vir laasgenoemde. Die leksikografiese begrip "leerbeerheid", wat die gebruikers se verwysings- en aanleerdersbehoeftes in ag neem, bly egter eintlik teoreties en prakties onontgin. Vergeleke met die kenmerke van woordeboekontwerp waarna hierbo verwys is, behoort "leerbaar-heid" as die ontwerpfilosofie van aanleerdersleksikografie ernstiger oorweeg te word. In hierdie artikel word gepoog om die leksikografiese konsep van "leerbaarheid" te ondersoek met behulp van die vergete nalatenskap van Robert Morrison in sy samestelling van Wuche Yunfu (1819)1, wat gekenmerk word deur 'n hoë mate van leerbaarheid soos geïllustreer in die woorde-boekinskrywings. Morrison se baanbrekerswerk kan van hulp wees met die konseptuele verheldering van "leerbaarheid" in die samestelling van aanleerderswoordeboeke, veral tweetalige aanleer-derswoordeboeke. Bowenal word daar gehoop dat die erkenning van Morrison se leksikografiese praktyk tot voordeel van die toekomstige produksie van beter Chinees-Engelse woordeboeke vir nie-moedertaal Chinese aanleerders sal wees.

Palabras clave : leerbaarheid; aanleerdersleksikografie; leerders van chinees as vreemde taal; wuche yunfu; chinees-engelse woordeboeke; tweetalige woordeboeke; leksikografiese praktyk; leksikografiese konsep; werkslading; aanleerdersbehoeftes.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons