SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

XUE, Mei  e  TARP, Sven. Op weg na Chinese aanleerderswoordeboeke vir buitelan-ders wat in China woon: Enkele probleme verwant aan lemmaseleksie. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.384-404. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1470.

Gedurende die afgelope dekades het verskeie woordeboeke vir vreemdetaalleerders van Chinees ver-skyn. Buiten een prentewoordeboek wat byna heeltemal in die akademiese literatuur geïgnoreer is, het geeneen van hierdie woordeboeke die spesiale behoeftes wat buitelanders wat in China woon en Chinees aanleer, mag hê, in ag geneem nie. In hierdie artikel word hierdie behoeftes, met spe-siale fokus op lemmaseleksie, bespreek. Ons argumenteer dat buitelanders wat in China woon, addisionele woorde benodig wat tipies voorkom in sosiale kontekste waarin hulle hulself dikwels bevind, ongeag of hierdie woorde 'n hoë korpusfrekwensie het of nie. As oplossing hiervoor beveel ons 'n stel seleksiekriteria aan wat korpusfrekwensie en konteksrelevansie kombineer. Laastens bespreek ons hoe loglêers wat gebruikersgedrag weerspieël, as 'n nuwe en baie betroubare empi-riese bron vir lemmaseleksie vir 'n aanlyn Chinese aanleerderswoordeboek gebruik kan word.

Palavras-chave : chinese aanleerderswoordeboeke; lemmaseleksie; sosiale kontekste; korpusfrekwensie; konteksrelevansie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons