SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

VAN NIEKERK, Tim; SCHAFER, Johannes  e  HEID, Ulrich. Die semi-outomatisering van die leesprogramme van 'n historiese woordeboekprojek. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.343-360. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1468.

Hierdie artikel beskryf die hulpbronne en sagtewareprosedures wat gebruik word of ontwikkel is in 'n belangrike bemagtigingstap na die hersiening van die vakkun-dige naslaanwerk A Dictionary of South African English on Historical Principles (DSAE, Silva et al. 1996), naamlik die semi-outomatiese generering van 'n leksikale databasis van digitale bronne waarop nuwe en bygewerkte woordeboekinskrywings gebaseer sal wees; asook die gelyktydige toevoeging van 'n nuwe korpus van Suid-Afrikaanse Engels (SAE) tot die projek. Gebaseer op aanlyn data-bronne en 'n uitgebreide lys bekende SAE woordvorme, het ons 'n sagteware nutsketting ontwerp vir die versameling, enkodering, annotering en vergelyking van teksbronne, wat gelei het tot die skep van (i) 'n 3.1-biljoen woordsoortgeannoteerde korpus van Suid-Afrikaanse Engels; (ii) 'n leksi-kale databasis van illustratiewe aanhalings vir ongeveer 20,000 bekende SAE-woordvorme, wat by die hersieningsfase van die inskrywings beskikbaar is vir seleksie; en (iii) 'n lys van potensieel nuwe variante spellings en moontlikhede vir trefwoordseleksie. Wat onlangse elektroniese bronne betref, vervang hierdie stappe die meganiese aspekte van die versameling van aanhalings, wat gewoonlik met die hand met behulp van 'n leesprogram wat jare se spanwerk vereis om voldoende dekking te verkry, gedoen word (cf. Hicks 2010).

Palavras-chave : korpora; woordeboekwerksvloei; historiese leksikografie; taalvariëteite; leksikale databasisse; leesprogramme; suid-afrikaanse engels.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons