SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

PODHAJECKA, Miroslawa. Poolse Amerikaners in die geskiedenis van tweetalige leksikografie: Die jongste stand. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.316-342. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1467.

In hierdie artikel word woordeboeke wat saamgestel is deur Poolse Amerikaners gemeet aan die ontwikkeling van die Pools-Engelse en Engels-Poolse leksiko-grafiese tradisie. Van die nege en twintig eenrigting- en tweerigtingglossariums en -woordeboeke wat tussen 1788 en 1947 gepubliseer is, kan vier as mylpale beskou word: Dié van Erazm Rykaczewski (1849-1851), Wladyslaw Kierst en Oskar Callier (1895), Wladyslaw Kierst (19261928), en Jan Stanislawski (1929). Dit is nie verbasend nie dat hulle wyd in Engelssprekende lande, veral in die Verenigde State van Amerika, ter wille van die Poolssprekende immigrante herpubliseer is. Daar kan dus gewonder word of daar enige dringende behoefte aan nuwe woordeboeke was. Indien daar aangeneem word dat aanbod op aanvraag volg, moes daar wel so 'n behoefte gewees het, aangesien agt Pools-Engelse en Engels-Poolse woordeboeke teen die middel van die twintigste eeu deur Poolse Amerikaners saamgestel is. Die min aandag wat al aan hierdie onderwerp geskenk is, dui daarop dat 'n chronologiese benadering tot hierdie woordeboeke geskik is, eerstens om die woordeboeke te herontdek, tweedens om hul onderlinge verwantskappe te bepaal, en laastens om hul waarde vir die tweetalige woordeboekmark te evalueer.

Keywords : geskiedenis; tweetalige leksikografie; tweetalige woordeboek; poolse amerikaners; brontaal (bt); doeltaal (dt); EKWIVALENT; leksikograaf; tradisie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License