SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

MILIC, Mira; GLUSAC, Tatjana  and  KARDOS, Aleksandra. Die effektiwiteit van die gebruik van woordeboeke as hulp-middels in die onderrig van die standaardisering van Engelsgebaseerde sportterme in Serwies. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.262-286. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1465.

in hierdie artikel word verslag gedoen oor die effektiwiteit van 'n nuwe onderrigmetode waarin woordeboeke benut word as hulpmiddels in die onderrig van die standaardisering van Engelsgebaseerde sportterme in Serwies. Hierdie navorsing is in 2017 uitge-voer onder die studente van 'n sportfakulteit deur middel van 'n vraelys wat aan die begin van die tweede helfte van 'n ESD-kursus en weer aan die einde daarvan aan die studente uitgedeel is. Dit het die evaluering van die studente se vordering ten opsigte van die aanleer van gestandaardi-seerde sportterme in Serwies ten doel gehad wat 'n aanduiding sou wees van die effektiwiteit van die nuwe onderrigmetode. Die bevindings dui oor die algemeen op 'n mate van verbetering van die studente se kennis van gestandaardiseerde sportterminologie, maar dui ook op minder bevre-digende vordering ten opsigte van hul taalkundige vaardigheid. Alhoewel die resultate nie die doelwitte wat aanvanklik gestel is ten volle bevredig het nie, verskaf dit steeds grondige argumente vir verdere pogings in die ontwikkeling en monitering van woordeboekgebruik in die onderrig van die standaardisering van Engelsgebaseerde sportterme in Serwies in die ESD-kurri-kulum en, selfs belangriker nog, vir die sistematiese onderrig van woordeboekgebruik as deel van die moedertaalkurrikulum.

Keywords : woordeboekgebruik; engels; serwies; esd-onderrig; sportterminologie; standaardisering.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License