SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

GOUWS, Rufus H.. 'n Leksikografiese datatrekkingstruktuur vir aanlyn woordeboeke. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.177-195. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1461.

Op die gebied van die leksikografie het die oorgang vanaf gedrukte na aanlyn woordeboeke 'n ingrypende invloed op talle aspekte van sowel die leksikografieteorie as die leksi-kografiepraktyk. In die voortgesette ontwikkeling van die leksikografieteorie moet hierdie invloed verwoord word sodat daar riglyne gebied kan word vir die optimale benutting van die vooruit-spruitende aanpassings in die leksikografiepraktyk. Woordeboekstrukture moet opnuut ondersoek word om vas te stel watter strukture in die nuwe medium behou kan word, watter strukture aan aanpassings onderhewig is en watter nuwe strukture na vore tree. In hierdie artikel is die fokus op aanpassings in leksikografiese strukture. Daar word verwys na strukture waarvoor aanpassings reeds in die metaleksikografie bespreek is. Die hoofklem is op verskillende vorme van die dataverspreidingstruktuur in aanlyn woordeboeke. Voorsiening word gemaak vir 'n omvattende dataverspreidingstruktuur wat in woordeboekportale gebruik kan word en die gebruiker toegang tot woordeboekeksterne bronne gee. Die behoefte aan groter vryheid van die gebruiker om data te kies wat benodig word, lei tot voorstelle vir 'n nuwe struktuur, naamlik die datatrekkingstruktuur. Met behulp van hierdie struktuur kan gebruikers regstreeks vanuit 'n bepaalde posisie in 'n aanlyn woordeboek toegang kry tot die internet as leksikografiese korpus om aan die data daar die inligting te onttrek wat in 'n bepaalde gebruiksituasie verlang word. Die data-trekkingstruktuur bevestig die status van woordeboeke as geïntegreerde inligtingsinstrumente en plaas hulle binne die bestek van 'n oorkoepelende datastruktuur.

Palabras clave : aanlyn woordeboek; datastruktuur; datatrekkingstruktuur; dataverspreidingstruktuur; eenvoudige dataverspreidingstruktuur; leksikografiese strukture; omvattende dataverspreidingstruktuur; oor-koepelende dataverspreidingstruktuur; stootmedium; trekmedium; uit-gebreide dataverspreidingstruktuur; woordeboekportaal; woordeboek-portaalstruktuur.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons