SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

FUERTES-OLIVERA, Pedro A.; TARP, Sven  and  SEPSTRUP, Peter. Nuwe insig in die ontwerp en samestelling van digitale tweeta-lige leksikografiese produkte: Die geval van die Diccionarios Valladolid-UVa. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.152-176. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1460.

In hierdie bydrae word aandag geskenk aan 'n nuwe digitale Engels-Spaans-Engelse leksikografiese projek wat begin is in opdrag van die Deense hoëtegnologiemaatskappy Ordbogen A/S. 'n Ooreenkoms is gesluit met die Universiteit van Vallodolid (Spanje) vir die ontwerp en vervaardi-ging van 'n digitale leksikografiese produk wat ekonomies en kommersieel uitvoerbaar is en wat gebruik kan word vir verskillende doeleindes wat verband hou met die uitbreiding daarvan na nuwe markte en die bekendstelling van nuwe hulpmiddels en dienste wat leksikografiese data benut. Die artikel bespreek die filosofie onderliggend aan die projek, belig sommige van die vernu-wende elemente wat bekendgestel is, soos die gebruik van log-lêers vir die samestelling van die aanvanklike lemmalys en die volgorde van die samestelling. Die samestellingsmetodologie wat begin by die aanname dat vernuwende konsepte toepaslik is, word ook geïllustreer, d.w.s. primêre en sekondêre tale in plaas van doel- en brontale. In hierdie bydrae word die aaname dat die toe-koms van e-leksikografie fundamenteel berus op die noue samewerking tussen navorsingssen-trums en hoëtegnologiemaatskappye wat die voldoende gebruik van ontwrigtende tegnologieë en vernuwende elemente verseker, verdedig.

Keywords : woordeboekkonsep; empiriese hulpbronne; log-lêers; ngram viewer; die internet as 'n korpus; samestellingsmetodes; leksikografiese data; aanlyn woordeboeke; geïntegreerde woordeboeke; skryf-hulpmiddels; l2-resepsie-woordeboeke; l2-produksie-woordeboeke; verta-lende woordeboeke.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License