SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

BEYER, Herman L.. Oor onlangse voorstelle vir die wegdoen van polisemie en homonimie in leksikografie. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.1-31. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1456.

Twee artikels het onlangs in Lexikos verskyn wat voorstel dat weggedoen word met homonimie en polisemie in die leksikografie, spesifiek in woordeboeke met slegs 'n teksresepsiefunksie. Hierdie bydrae identifiseer twee teoretiese hoofpremisse vir die voor-stel en bevraagteken hulle. Die premisse is: (i) 'n teorie van die lemma as taalteken; en (ii) die resultate van woordeboekkritiek. By nadere ondersoek word bevind dat beide die premisse faal met betrekking tot polisemie. Met betrekking tot homonimie word die eerste premis as ongeldig bewys, en die tweede een word geldig bevind. Die bevindinge hou in dat die teoretiese basis vir die voor-stel óf hersien moet word (waarvoor die teorie van leksikografiese kommunikasie aangebied word), óf op die enkele praktiese en onbewese argument van datatoeganklikheid moet steun. Terselfdertyd ontwikkel die bydrae 'n potensiële breë raamwerk vir die teorie van leksikografiese kommunikasie. Die raamwerk verteenwoordig 'n leksikografiese teksgrammatika, wat as 'n kommunikasiekode parallel tot elemente van die teorie van leksikografiese tekste en taalkundige grammatikas aange-bied word. Daar word aangevoer dat woordeboekartikels uit tekste bestaan waarin hierdie twee grammatikas in wisselende mates oorvleuel en as sodanig 'n hibridiese vorm van tekstuele kom-munikasie verteenwoordig.

Keywords : grammatika; homonimie; leksikografiese grammatika; leksikografiese kommunikasie; polisemie; semiotiek; taalkunde; taalteken; teorie van leksikografiese kommunikasie; teorie van leksikografiese tekste.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License