SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

XUE, Mei. Die weergee van die kulturele dimensie van betekenis in aanleerderswoordeboeke - uit die oogpunt van Chinese EVT-leerders in L2-resepsie. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.578-596. ISSN 2224-0039.

Betekenis in woordeboeke word beskou as die mees frekwente datasoort wat deur taalaanleerders opgesoek word. 'n omvattende reeks hulpmiddels is ontwikkel om die betekenis van leksikale items in aanleerderswoordeboeke weer te gee. Hierdie artikel begin by die interpretasie van vreemdetaalleerders se leksikografiese behoeftes in spesifieke gebruikersituasies en beoog om die implikasies van die pasmaking van definisies uit 'n kulturele perspektief te ondersoek met spesifieke verwysing na Chinese aanleerders van Engels. Die doel van hierdie artikel is drievoudig: i) om die status quo van die leksikografiese praktyk van Engelse aanleerderswoordeboeke te verstaan ten opsigte van die weergee van die kulturele dimensie van 'n leksikale item; ii) om die uitwerking van vreemdetaalleerders se taalkundige en kulturele agtergrond op hul leksikografiese behoeftes te interpreteer ten opsigte van kulturele aspekte by L2-resepsie; iii) om die geïdentifiseerde probleme met die huidige leksikografiese praktyke deur modelartikels aan te spreek. Daar word verwag dat die bevindinge in hierdie artikel lig sou kon werp op die interpretasie van aanleerders uit ander etniese groepe se leksikografiese behoeftes in verskillende situasies en ook 'n bydrae sou kon lewer tot die verbetering van die bruikbaarheid van toekomstige aanleerderswoordeboeke.

Palabras clave : Chinese evt-leerders; kulturele dimensie; L2-resepsie; aanleerderswoordeboeke.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons