SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

WOJTOWICZ, Beata. Revisiting Lemma Lists in Swahili DictionariesDie herbesoek van lemmalyste in Swahili-woordeboeke. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.561-577. ISSN 2224-0039.

Wanneer 'n woordeboek saamgestel word, moet 'n leksikograaf 'n reeks besluite neem - van die opstel van 'n lemmalys, tot kwessies soos die formatering van 'n woordeboekinskrywing. Om staat te maak op korpusdata wanneer 'n lemmalys opgestel en inskrywings beskryf word, is standaard-praktyk in die huidige leksikografie, maar daar is steeds dikwels besluite - soos die keuse van 'n lemma of hoe om afleidings te hanteer - wat op intuïsie gebaseer is. Hierdie artikel beoog om te ondersoek of besluite wat in Swahili-woordeboeke geneem is, voldoen aan gebruikers se verwagtings. Ons analiseer loglêers van die nuwe Swahili-Poolse woordeboek om te ondersoek waarom die opsoek van woorde skeefloop, en evalueer die lemmakeuse en die hantering van afleidings in Swahili-woordeboeke. Ons beoog om die bestaande elektroniese woordeboek op grond van hierdie data uit te brei of te wysig om aan te pas by gebruikers se vlak van kennis ten opsigte van grammatika en woordeboekstruktuur. Tydens hierdie navorsing het ons 'n lys van leemtes ten opsigte van lemmas geïdentifiseer wat die meerderheid van onsuksesvolle Swahili-soektogte veroorsaak. Die navorsing toon dat gebruikers die woordeboek se lemmatiseringstrategie ken en verstaan, maar openbaar ook watter woordvorme die meeste probleme veroorsaak en hoe die lemmalys van Swahiliwoordeboeke uitgebrei kan word.

Keywords : woordeboekgebruikersnavorsing; loglêerontleding; swahili-poolse woordeboek; lemmalys; afleidings.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License