SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

WILLIAMS, Krista. Kleure in Franse, Amerikaanse en Britse woordeboeke. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.540-560. ISSN 2224-0039.

Buiten die betekenisse wat kleure in die alledaagse lewe het, beskik kleure ook oor betekenisse wat spesifiek is aan bepaalde velde soos die fisika en die drukkerswese. In hierdie artikel word die gespesialiseerde inligting wat in kleurdefinisies in Franse, Amerikaanse en Britse woordeboeke gevind word, ondersoek. Daar word gekyk of gespesialiseerde en nie-gespesialiseerde definisies saamgevoeg of geskei word, hoeveel wetenskaplike inligting ingesluit word, of die inligting diachronies en/of geografies varieer en of woordeboeke konsekwent is in hul etikettering van kleure as deel van 'n groep (primêr, spektraal, ens. ). Ons het bevind dat gespesialiseerde en nie-gespesialiseerde betekenisse van kleure eerder saamgevoeg as geskei word. Dit is teenstrydig met die hantering van ander woorde met beide gespesialiseerde en nie-gespesialiseerde betekenisse in dieselfde woordeboeke, wat daarop dui dat die skeidslyn tussen betekenisse nie duidelik is vir kleure nie. Ons het ook bevind dat meer gespesialiseerde inligting met verloop van tyd in Franse, Amerikaanse en Britse woordeboeke ingesluit is, maar dat Amerikaanse woordeboeke steeds die meeste insluit. Boonop is Amerikaanse woordeboeke ook meer konsekwent as die woordeboeke van die ander twee nasionaliteite betreffende hul etikettering van kleure as deel van 'n groep, sowel in die etikette self as in die etikettering van alle groepslede. Op grond van hierdie bevindings maak ons voorstelle vir die definiëring van kleure in algemene gebruikerswoordeboeke.

Palavras-chave : kleurdefiniëring; samevoeging en skeiding; wetenskap-like inligting in woordeboeke; frans; franse woordeboeke; engels; amerikaanse woordeboeke; britse woordeboeke; gebruikersverwagting.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons