SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

TARP, Sven; FISKER, Kasper  y  SEPSTRUP, Peter. L2-Skryfhulpmiddels en konteks-sensitiewe woordeboeke: Nuwe uitdagings vir die leksikografie. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.494-521. ISSN 2224-0039.

Woordeboeke word toenemend geïntegreer in ander hulpmiddels wat ontwerp is om te help met die lees, skryf en vertaling van tekste. Write Assistant is 'n nuut ontwikkelde hulpmiddel wat gerig is daarop om mense wat in 'n tweede taal skryf te assisteer. Dit is gebaseer op groot data wat verkry is uit korpora en digitale woordeboeke. In hierdie artikel word die filosofie agter die hulpmiddel, die tegnieke wat toegepas word, die empiriese basis en die funksionaliteit daarvan bespreek, sowel as die mate waartoe dit die gebruikers daarvan help. Daar word aangetoon hoe die hulpmiddel dit moontlik maak om sommige fases in die funksionele inligtingsoektogproses te verkort en selfs te weg te laat, en hoe dit die gebruiker toelaat om fokus op die boodskap wat geskryf moet word, te behou sonder dat dit nodig is om eksterne inligtingsbronne te raadpleeg. In hierdie artikel word aangedui hoe die onderligginde tegnologie lei tot die skep van 'n nuwe soort woordeboek wat konteks-sensitief is en wat 'n meer persoonlike gebruikersdiens verskaf. Dit dui egter ook daarop dat toekomstige woordeboekbehoeftes konseptueel by die spesifieke hulpmiddel aangepas moet word om die diens te optimaliseer. Dit hou alles nuwe uitdagings in vir die leksikografie.

Palabras clave : write assistant; inligtingshulpmiddel; geïntegreerde woordeboeke; L2-skryfwerk; inligtingsoektogproses; empire hulpbronne; korpora; taalmodel; konteks-sensitiewe woordeboeke; woordeboekkonsep.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons