SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

NKOMO, Dion. Die woordeboek in eksamens by 'n Suid-Afrikaanse universiteit: 'n taalkundige of 'n opvoedkundige ingryping?. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.346-377. ISSN 2224-0039.

Hierdie artikel ondersoek studente se gebruik van woordeboeke vir eksamendoeleindes by die Rhodes Universiteit in Suid-Afrika. Die praktyk, waarvoor daar voorsiening gemaak word in die universiteit se taalbeleid, word wyd beskou as 'n taalkundige ingryping met suiwer taalkundige inligting wat in die besonder daarop toegespits is om Engels Addisionele Taal-studente te help, waarvan die meerderheid Afrikatale praat. So 'n siening is 'n mistasting, aangesien dit die feit ignoreer dat die praktyk van voor die huidige institusionele taalbeleid, wat in 2006 aanvaar is, dateer. Alhoewel dit moeilik was om die werklike motivering daarvoor vóór die huidige taalbeleid vas te stel, toon hierdie navorsing dat sowel Engels Moedertaal- as Engels Addisionele Taal-studente die woordeboek tydens eksamens gebruik vir hulp wat oor die algemeen beskou kan word as opvoedkundig eerder as suiwer taalkundig. Dit dring akademici om die manier waarop hulle onderrig gee en assessering doen, te heroorweeg, en kennis te neem van die opvoedkundige waarde van die woordeboek, wat taalkundige hulp oortref.

Palabras clave : woordeboekgebruik; woordeboekhulp; opvoedkundige leksikografie; oopboekeksamens; taalkundige ingryping; opvoedkundige ingryping.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons