SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

MILLER, Julia; KWARY, Deny A.  y  SETIAWAN, Ardian W.. Koalas, kiwi's en kangaroes: Die uitdagings in die skep van 'n aanlyn Australiese kulturele woordeboek vir aanleerders van Engels as 'n addisionele taal. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.310-345. ISSN 2224-0039.

In hierdie artikel word verslag gedoen oor 'n aanlyn kulturele woordeboek vir aanleerders van Engels as 'n Addisionele Taal (EAT) in Australië. Potensiële gebruikers wat Engels vir akademiese doeleindes in 'n Australiese universiteitstoelatingsprogram studeer, het die inligting vir elke fase in die skep van die woordeboek verskaf. Daar is oorweging geskenk aan die behoefte aan so 'n woordeboek; terme wat ingesluit moet word; inligting wat benodig word vir elke inskrywing (insluitend oudio- en visuele materiaal); die gebruik van 'n beperkte definiëringswoordeskat; voorbeeldsinne; notas oor die gebruik van elke term; en die evaluering van gebruikersterugvoer nadat die woordeboek aanlyn verskyn het. Data verkry uit die vraelyste dui daarop dat gebruikers spesifiek waarde heg aan die gebruikersvriendelikheid, voorbeeldsinne, en spesifiek Australiese inhoud (insluitend uitspraak gegee in 'n Australiese aksent). Daar word voorgestel dat meer inskrywings bygevoeg word, en dat kulturele woordeboeke geskep word vir ander variëteite van Engels, sowel as vir ander tale.

Palabras clave : australies; kultuur; woordeboek; engels as addisionele taal; aanleerderswoordeboek; aanlyn.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons