SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

LIU, Xiqin. Multimodale toeligting: Betekenisuitbreiding in elektroniese. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.287-309. ISSN 2224-0039.

Woordeboeke. In hierdie artikel word elektroniese woordeboeke binne die raamwerk van Sistemies-Funksionele Multimodale Diskoersanalise (SF-MDA) ondersoek en geargumenteer ten gunste van die verbetering van hul multimodale toeligtingshulpmiddels. Indien multimodale hulpmiddels goed gekoördineer word, kan hulle help om die e-woordeboekvoorbeelde te optimaliseer ten opsigte van informatiwiteit, diversiteit, dinamiek en interaktiwiteit. Die term multimodale toeligting word tentatief voorgestel onder die oorkoepelende multimodale leksikografie (Lew 2010), en gedefinieer as die seleksie en aanbieding van voorbeelde met behulp van multimodale hulpmiddels ten einde groter effektiwiteit in toeligting te verkry as wat met slegs taal gedoen kan word, veral in 'n e-woordeboek. Daar is bewyse dat multimodale toeligting die drie metafunksionele betekenisse van die e-woordeboekdiskoers kan uitbrei: begripvormend, interpersoonlik en tekstueel. Begripvormende betekenis kan uitgebrei word nie alleen deur multimodale voorbeelde per se nie, maar ook deur tussenmodale voorbeeld-definisie verbintenisse, en hiperskakels vergemaklik betekenisvloei in die semantiese netwerk. Interpersoonlike betekenis kan uitgebrei word deur gebruikersdeelname en ontwerpopsies, insluitend dié vir bladuitleg (ruimtelike modus) en voorbeeldgenrestyl (verbale modus). Tekstuele betekenis kan versterk word deur inligtingswaarde, samestelling, treffendheid en raming. In hierdie artikel word 'n eerste poging aangewend om die intermodale verhouding tussen 'n definisie en die voorbeelde onder dieselfde betekenis te verken, en om 'n diagram aan te bied wat 'n ontwerp tipies aan die visuele ruimte in e-woordeboeke illustreer. Deur die spesiale kenmerke van multimodale voorbeeldtekste te verken, kan ons begrip van die groeiende multimodale leksikografie dalk verbeter word en kan die multimodale diskoersstudies vanuit 'n leksikografiese perspektief dalk aangevul word.

Keywords : e-woordeboek; voorbeeld; metafunksionele betekenis; multimodale diskoersanalise; multimodale toeligting; multimodale leksikografie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License