SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

KIM, Sugene. "Sowaar minimum inset, maksimum uitset!" Die onderrig van kollokasies deur woordeboekvaardigheidsontwikkeling ten opsigte van kollokasies. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.265-286. ISSN 2224-0039.

Hierdie studie het die moontlikheid ondersoek om kollokasies te onderrig deur EVT-leerders se woordeboekvaardighede te ontwikkel ten opsigte van kollokasies. Nege-en-vyftig EVT-kollegestudente het aan die studie deelgeneem. Hulle het twee opleidingsessies van 75 minute elk tussen die aanvanklike en uiteindelike toetse ontvang: een oor die definisie van die kollokasie en sy belangrikheid, en die ander oor die vaardigheid om kollokasionele inligting in die Naver Woorde-boek - 'n Engels-Koreaanse aanlyn woordeboek - op te soek. Tydens die tweede opleidingsessie is die studente opgelei om die woordeboek te raadpleeg vir die produksie van kollokasies in die volgorde van noduswoordseleksie, betekenisonderskeiding, die opsoek van kollokasiesoorte, en die identifisering van werkbare kollokasies. 'n Vergelyking van die resultate vir kollokasieproduksie deur 'n f-toets vir gepaarde steekproewe het getoon dat die onderrig van woordeboekvaardighede ten opsigte van kollokasies die leerders se vermoë om natuurlike kollokasies te produseer aansienlik verbeter het ondanks vaardigheidsverskille. Daarbenewens het die ondersoekdata wat aan die einde van die semester ingesamel is, daarop gedui dat die deelnemers die opleiding as noodsaaklik en nuttig beskou het om kollokasionele bevoegdheid te verwerf en dat hulle manier om woordeboeke te raadpleeg ná die opleiding verander het. Daar is bevind dat die toerus van EVT-leerders met woordeboekvaardighede ten opsigte van kollokasies help om 'n gevoel van self-standigheid by leerders te wek.

Keywords : kollokasie; kollokasiewoordeboek; woordeboekvarrdighhede; evt-skryfwerk; l2-skryfwerk; kollokasiefoute; l1-interferensie; kollokasionele bevoegdheid; selfstandigheid by leerders.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License