SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

KHUMALO, Langa. Intellektualisering deur terminologieontwikkeling. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.252-264. ISSN 2224-0039.

Die term intellektualisering is oorspronklik deur die Praagse skool gebruik om 'n proses wat 'n taal tydens sy ontwikkeling en verfyning ondergaan te beskryf. in ons Suid-Afrikaanse konteks behels intellektualisering 'n sorgvuldig beplande proses om die ontwikkeling en groei van plaaslike amptelike Afrikatale te bespoedig sodat hulle effektief op alle hoëvlakterreine funksioneer as tale van onderrig en leer, navorsing, wetenskap en tegnologie. Hierdie artikel doen 'n kritiese ondersoek na die terminologieontwikkelingsproses wat by die Universiteit van KwaZulu-Natal (voortaan UKZN) bestuur word as een van die sleutelfigure van taalintellektualisering. UKZN se terminologieontwikkelingsmodel word gebruik om isiZulu-terminologie binne die dissiplines Administrasie, Argitektuur, Anatomie, Rekenaarwetenskap, Omgewingswetenskap, die Regte, Fisika, Sielkunde en Verpleegkunde te oes, te raadpleeg en te staaf. Die artikel evalueer hierdie model krities. Afvoerplatforms vir die terminologie in hierdie ontwikkelingsmodel word losweg gelys as die 'databasis' en die 'ontwikkelingsplatform', maar daar is geen duidelike eindgebruikerplatform vir studente en dosente nie, wat waarskynlik die belangrikste eindgebruikerteikengroep van die hele terminologie-ontwikkelingsinisiatief vorm. Die artikel stel 'n verbeterde model voor wat deurlopende toegang sal bied, wat gerieflik vir studente se behoeftes tussen lesings sal wees, en wat die oesmeganisme in die bestaande model sal verbeter. * This article was presented as a paper at the Twenty-first Annual International Conference of the African Association for Lexicography (AFRILEX), which was hosted by the Xitsonga and Sesotho sa Leboa National Lexicography Units, Tzaneen, South Africa, 4-6 July 2016.

Palabras clave : intellektualisering; terminologieontwikkeling; oes; skaredeelname; konsultasie; verifikasie; stawing; deurlopende toegang.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons