SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

KAMIńSKI, Mariusz Piotr. Die visualisering van kollokasionele voorkeure by die onder-skeiding van ampersinonieme. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.237-251. ISSN 2224-0039.

Hierdie artikel beoog om die potensiële bruikbaarheid van twee tegnieke te ondersoek wat kollokasionele voorkeure visualiseer met die oog op sinoniem-onderskeiding. Aangesien kollokasies een van die belangrikste merkers van betekenisverskil is, word dit gebruik as maatstaf om tussen ampersinonieme te onderskei. Kollokasionele voorkeure vir 'n stel van ampersinonieme (artificial, fake, false en synthetic) is gevisualiseer deur twee tegnieke te gebruik: ooreenkomsanalise-stipping en kollokasionele netwerk. Die kollokasies is onttrek uit die BNC korpus deur gebruik te maak van 'n verdelingsmetode. 'n Voordeel van die grafieke is dat hulle leksikograwe in staat stel om ooreenkomste en verskille ten opsigte van kollokasionele voorkeur raak te sien vir verskeie woorde in 'n enkele diagram. Sulke visualiserings kan gebruik word as 'n alternatiewe manier vir 'n tabellariese manier van datavoorstelling wat inligtingsoorlading voorkom wat ontstaan wanneer leksikograwe sinoniemreekse voorberei vir woordeboeke wat op produksie fokus. Die visualiserings kan gebruik word as 'n vertrekpunt om semantiese verskille te ondersoek tussen woorde wat semanties soortgelyk aan mekaar is.

Palabras clave : visualisering; ooreenkomsanalise; kollokasionele netwerk; sinoniemonderskeiding; kollokasie; outomatiese onttrekking van sinonieme; ampersinoniem; kollokasievoorkeure.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons