Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Lexikos
versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904
Resumen
BOSCH, Sonja E. y PRETORIUS, Laurette. 'n Rekenaarmatige benadering tot Zoeloe werkwoordmorfologie binne die konteks van leksikale semantiek. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.152-182. ISSN 2224-0039.
Die sentrale navorsingsvraag wat in hierdie artikel onder die loep kom, is: Hoe kan ZulMorph, 'n eindige toestand morfologiese ontleder vir Zoeloe, gebruik word om waarde toe te voeg tot Zoeloe leksikale semantiek, met spesifieke verwysing na Zoeloe werkwoorde? Die werkwoord is die mees komplekse woordkategorie in Zoeloe. As gevolg van die agglutinerende aard van Zoeloe morfologie kan net beperkte inligting sonder die ondersteuning van voldoende betroubare rekenaarmatige morfologiese analise uit lopende Zoeloe teks onttrek word. Die morfologiese inligting stel essensiële betekenisse van, onder andere, werkwoorde, bloot. In hierdie artikel beskryf ons 'n korpusgebaseerde benadering om die Engelse betekenis aan uitgebreide werkwoordwortels van Zoeloe toe te ken en sodoende ZulMorph as leksikale kennisbasis uit te brei.
Palabras clave : zoeloe werkwoordmorfologie; werkwoorduitbreidings; LEKSIKALE SEMANTIEK; REKENAARMATIGE MORFOLOGIESE ANALISE; ZULMORPH; ZOELOE LEKSIKALE KENNISBASIS; BITEKS.