SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Lexikos

versión On-line ISSN 2224-0039
versión impresa ISSN 1684-4904

Resumen

BALL, Liezl H.  y  BOTHMA, Theo J.D.. 'n Bruikbaarheidsevaluering van die prototipe van die Afrikaanse idiome-woordeboek. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.78-106. ISSN 2224-0039.

Die Afrikaanse idiome-woordeboek is 'n prototipe e-woordeboek van Afrikaanse vaste uitdrukkings wat ontwikkel is met die doel om die funksionaliteit van die ewoordeboek te toets. Die woordeboek is gebaseer op die funksieteorie van leksikografie. Die e-woordeboek maak gebruik van verskeie tegnologieë. Wanneer digitale werktuie ontwikkel word is dit belangrik om die bruikbaarheid van die tuig te oorweeg. Bruikbaarheidsevaluering is op die Afrikaanse idiome-woordeboek gedoen om te bepaal met watter mate van sukses dit gebruik kan word. Die metodes van afslag-bruikbaarheidsevaluering, naamlik heuristiese evaluering en bruikbaarheidstoetsing is gebruik. Hierdie artikel doen verslag oor die bevindinge van die bruikbaarheidstoetse en dit word bespreek onder die kategorieë inhoud, inligtingargitektuur, navigasie, toegang (soek en snuffel), hulp, aanpassing en die gebruik van innoverende tegnologieë om data in e-woordeboeke te bestuur vir soek- en vertoondoeleindes. Die bruikbaarheidsevaluering het gewys dat die gebruikers nie altyd die e-woordeboek gebruik het soos die ontwerpers bedoel het nie. Verskeie aanbevelings is gemaak vir die ontwerpers van die Afrikaanse idiome-woordeboek, so wel as vir die ontwerp van e-woordeboeke in die algemeen. Aanbevelings toepaslik vir e-woordeboeke in die algemeen is ook gemaak oor bruikbaarheidsevaluering, inligtingargitektuur, soek in e-woordeboeke, die data wat in e-woordeboeke ingesluit kan word en die opleiding van gebruikers van e-woordeboeke.

Palabras clave : e-woordeboeke; aanlyn woordeboeke; elektroniese woordeboeke; bruikbaarheidsevaluering; bruikbaarheidstoetsing; afslag-bruikbaarheidsevaluering; woordeboekgeletterheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons